Tuis. 08

(Tuis.) #1

[GUNSTELINGPLANT]
’n Kiepersol (Cussonia-
spesie) met sy mooi vorm.


[GUNSTELINGPLANT]
Die geel speldekussing is elke jaar
oortrek met blomme.

Augustus 2017 tuis 91


Beginjare


Peter se eerste stap nadat hulle hier ingetrek het was om nog bome
te plant – die res van die tuin is rondom hulle beplan. Waar die
pragtige fontein vandag is was destyds ’n groot pot omring met gras.
“Ons wou die geluid van water in die tuin hê en ook paddas insekte
en voëls lok” vertel Peter. Nou is dié fontein met ’n paadjie van
gruisklippies rondom die fokuspunt van die voortuin.
Met die ontwikkeling van die tuin het hy verskeie klein ruimtes
geskep wat ’n mens een na die ander ontdek wanneer jy deur die
tuin stap. En omdat al die grensmure weggesteek is agter bome en
struike lyk die tuin groter as wat dit in werklikheid is.
“Ek het nooit ’n plan van die tuin geteken nie; ek kry maar ’n idee
en voer dit uit. As dit nie uitwerk nie probeer ek iets anders. Op die
oomblik is ek besig om die tuin baie meer waterwys te maak en
beplan ek om die stukkie gras wat ons het ook uit te haal. In die plek
daarvan wil ek nog geharde en waterwys plante insit ’n paar
olyfbome vir skaduwee plant paadjies van gruisklippies maak en
metaalkuns en beeldhouwerke as fokuspunte byvoeg.”
Hoewel daar tans inheemse én uitheemse plante in Peter se
beddings groei fokus hy nou op inheemse plante. “Ek eksperimen-
teer voortdurend en as ’n plant nie goed aard nie skuif ek dit na ’n
ander kol. Deur die jare het ek agtergekom die inheemse plante
beloon jou die meeste en verg die minste aandag. Verlede somer toe
waterbeperkings in die Wes-Kaap ingestel is moes die plante vir
hulself sorg. Die inheemse opsies het verreweg die beste gevaar.” >>


Peter meng inheemse en
uitheemse plante in sy
beddings. Hier groei ’n roos
salie speldekussing duiwel-
in-die-bos en ’n inheemse
gras gelukkig saam.
Free download pdf