Tuis. 12

(Tuis.) #1
Jenny het die groen tafeltjie deur Bidorbuy by
Reinet Relics op Graaff-Reinet gekoop. Dis die
perfekte plek vir oggendkoffie in die son.

lesertuin


In haar gene
Jenny se liefde vir ’n mooi tuin is in haar voorgeslagte se
bloed. “Veral my pa het ’n hand met ’n plant. Hy het met
proteas en vrugte op die berg by Piketberg geboer. My
ouma weer het orgideë met soveel blomme aan gehad dat
die takke skoon afgebuig het. Sy het haar in haar tuin
uitgeleef; dit was soos ’n feëverhaal. My oupa was ’n
prokureur maar het homself eintlik as ’n wingerdboer
beskou. Hy het ’n plaas in Constantia gehad en twee
akkerbome geplant waar die bekende Melissa’s-koswinkel
deesdae is. Ek en my pa besoek dit gereeld en kyk dat die
bome goed versorg word.”
Vir Jenny is haar tuin haar reset-knoppie en weerspieël
dit wie sy is. Daarby is die stoep die hart van hul huis. Elke
middag drink sy koffie daar – met dankbaarheid.
“Ek sal nooit klaar wees met my tuin nie. ’n Tuin is
dinamies en verander gedurig. Ek is dankbaar vir my man
se geduld; hy ondersteun my onvoorwaardelik as ek ’n
nuwe tuinprojek begin. Dis ook nie moontlik om ’n mooi
tuin te hê sonder hulp nie. Ek en my regterhand David
Sekgoro deel ’n passie hiervoor en hy verstaan my idees.
Hy maak self ook tuin en stuur gereeld vir my foto’s van sy
eie tuinprojekte.” >>

Jenny-hulle se braai is onder die boom met ’n kuiertafel
versier met vetplante in emaljebekers (hoe dan nou anders?).
Langsaan is die laaste lappie gras wat in haar tuin oor is – sy
beplan om dit ook met ’n visdammetjie te vervang.
Free download pdf