Tuis. 12

(Tuis.) #1

116 tuisDesember 2017


Guzmania lingulata
Die Guzmania lingulata is ’n dramatiese eksotiese variëteit van
die bromelias. Dit lyk of dit blomme dra maar dis eintlik
skutblare (aangepaste blare) wat vir twee maande of meer hou.
Die plant sterf dan en los nuwe plante agter wat dan die
volgende generasie Guzmania word. Die plant het middelmatige
indirekte lig nodig en gedy in ’n warm vertrek met goeie
humiditeit. Gee water in die holte (waar die blare by die basis
bymekaarkom en ’n kom vorm). In die winter vul jy die holte met
louwarm water of maak die grond liggies nat en los die holte
droog. Moenie dat die plant in die winter koud of droog word nie.
KONTAK plantimex.co.za

Huisplant van die maand


Ken ou


Wildeknoffel (Tulbaghia violacea)is ’n geharde plant met
knolagtige wortels en smal effens vlesige blare wat na knoffel ruik
wanneer dit gekneus word; dit hou volgens oorlewering ook molle
en slange weg. In die somer verskyn klein trosse pienk-mauve
blomme op lang blomstele en lok bye en skoenlappers. Plant
wildeknoffel in volson in ’n massa as grondbedekking teen
skuinstes op die rand van ’n bedding of kruietuin of in
gedeeltelike skadu onder bome. Dié droogtebestande plant vaar
nog beter as dit gereeld natgemaak word.Tulbaghia‘Variegata’
het gestreepte blare.

Ken ou


indringers
Purperwinde (Ipomoea indica en
I. purpurea) is klimplante wat rondom
strukture en ander plante rank; dit word
algemeen aangetref teen telefoonpale in
stedelike omgewings. Die plant dra van
November tot Mei persblou rooierige
magenta of wit tregtervormige blomme
soms met kontrasterende strepe. In
tropiese dele blom dit regdeur die jaar.
Ipomoea purpurea is ’n jaarplant terwyl
I. indica meerjarig is. Dié indringers het
harige stele en hartvormige blare en

kan 3 m hoog of selfs hoër groei. Dis ’n
probleem in KwaZulu-Natal Gauteng
Mpumalanga Limpopo die Oos- en
Wes-Kaap.
Indringerstatus
Purperwinde is ’n Kategorie 1b-
indringer wat beteken jy kan vervolg
word as dit op jou erf groei.
Hoekom is dit ’n probleem?
Dit groei uiters dig en versmoor
sodoende ander spesies.
KONTAK invasives.org.za

Purperwinde


waterwys


plante


Foto

Gallo Images
Free download pdf