Peperwortel
(Armoracia
rusticana)
As jy jou somerslaaie
en kouevleis ân
bietjie byt wil gee
plant peperwortel â
jy kan die blare én
die wortels gebruik.
Kweek dit soDié meerjarige
krui groei in volson en goedgedreineerde
komposryke grond. Dit dra in die lente ân bos
sterk blare en wit blomme. In die winter gaan
dit dood tot dit weer in die lente nuwe groei
uitstoot. Gee die plant genoeg ruimte om tot
1 m wyd te sprei. Peperwortel hou
komkommer- en aartappelkewers weg; of
maak ân treksel van die blare of wortels en
gebruik dit as ân spuitmiddel teen swamme
vir vrugtebome.
Wenk van die maandDie beste tyd om die
wortels te oes is in die herfs maar jy kan
enige tyd van die jaar vars wortels uittrek.
Vries die wortels vir tot 6 maande maak
peperwortelsous of lê dit in asyn in.
Het jy geweet?Die wortels is baie voedsaam;
dit bevat vitamien C en baie minerale. Kap
die blare fyn en meng dit by jou honde se
kos om hul spiertonus te verbeter en wurms
te verdryf.
Algemene probleemDie plant is geneig om
indringend te groei; beheer sy verspreiding
deur in die herfs al die wortels uit te lig.
GebruikeRasper die wortel in koolslaai
doopsouse ingelegde beet roomkaas
mayonnaise en avokado-vulsels maak ân
sous om saam met beesvleis voor te sit of
voeg dit by ân slaaisous wat vis of hoender
komplementeer. Gebruik ook die jong blare
in ân slaai. Die wortels het antiseptiese
eienskappe stimuleer spysvertering en
bloedsomloop en help om asemhalings-
infeksies en sinusprobleme te verlig. >>
KONTAKhealthyliving-herbs.co.za
Krui van die maand
Nuut in die kwekery
âStrawberry Blondeâ-afrikaners spog met pragtige nuwe pastelkleure soos pienk roos en
geel â maar met ân kinkel: In warmer weer is die blomme geelpienk terwyl die pienkpers
kleur uitkom in koeler weer. Die plante is gerond en bosagtig en wanneer hulle eers
gevestig is kry niks hulle onder nie. Plant hulle in volson in komposryke grond. Hulle vaar
uitstekend in ân pot en is veral treffend in plate van dieselfde kleur.
âStrawberry Blondeâ-afrikaners
Krismisrose
Koel somerkleur
Blou plante skep altyd ân koel gevoel
op ân warm dag ongeag watter
skakering jy in jou tuin het. Diegene wat
dink blou op sy eie is te saai kan dit
ophelder met silwergrys loof of kolle
geel suurlemoen-petunias madeliefies
daglelies of Achillea.
Krismisrose blom in blou of pienk
afhangend van die grond en water-
voorraad. Ouer variëteite maak
uitstekende agtergrondstruike in
gefiltreerde skaduwee en klam grond
uit terwyl moderne kultivars kleiner en
kompakter is â die ideale plant vir
voorlangs in ân randakker met ligte
skadu of in potte ook in ligte skadu.
Miniatuur- middelslag- of hoog-
groeiende agapante groei in volson met
blomskerms wat wissel van bleekblou
tot ân dieppers.
Felicias met hul fyn madeliefie-agtige
blomme in ligte of diepblou is netjiese
laaggroeiende struike perfek vir
sonnige rotstuine potte en voor in
ân randakker.
Rond beddingrande en potte af met
blou lobelias en kweek Torenias in ligte
of gedeeltelike skadu.
Foto
Vergelegen-wynlandgoed