Tuis. 12

(Tuis.) #1

Super-stoep


Die Kriges leef absoluut na buite. Die hoofslaapkamer kyk uit op die
see met net hortjies vir veiligheid en privaatheid en die kombuis en
leefvertrek maak op die houtdek oop. Tussen hul huis en die sand
groei ’n klein lappie gras en daar’s ’n fynbostuin vir ’n bietjie kleur.
Justine het oral vygies ingedruk wat baie goed aard hier.
Die agterplaas spog met drie braaiplekke: onder op die lappie gras
is ’n ronde braai onder ’n groot “Krismisboom” en op die dek ’n
braaikaggel en pizzaoond – dit is vir seker die huis met die meeste
skoorstene in die straat! Oral is ingeboude bankies stoele en
hangmatte – ’n mens kan sommer sien hier word behoorlik uitgespan
in die somer.
“Die stoep het seile wat ons laat sak as die weer sleg is maar ons
hou daarvan dat alles so oop en teen die see is” vertel Justine. “As
ons koud kry in die winter sit ons steeds hier – maar dan onder ’n
kombers! Ons is mal oor ’n vuur en enige vorm van buitelewe.”
Daarom dat hulle ook so graag Kersdag buite vier. Want dis lekker
by die see ... >>

Free download pdf