Tuis. 12

(Tuis.) #1

  • 60 ml botter

  • 45 ml olyfolie

  • 2 uie fyngekap

  • 8–10 knoffelhuisies gekneus

  • 2 groen brandrissies saadjies
    verwyder gekap

  • 375 ml droë witwyn

  • ’n hand vol elk gekapte pietersielie
    en koljander

  • varsgemaalde swartpeper na smaak

  • 3 kg vars mossels


Panzanella-krans


Genoeg vir 6 • Bereidingstyd: 40 minute



  • 80 ml olyfolie

  • 400 g suurdeegbrood in growwe
    stukke gebreek

  • 1 kg gemengde kersietamaties gehalveer

  • 1 rooi ui fyngekap

  • 1 komkommer in blokkies gesny

  • 125ml kalamata-olywe gehalveer ontpit

  • 60 ml olyfolie ekstra

  • 30 ml balsemiekasyn

  • 2 hande vol basilieblare
    rofweg geskeur

  • sout en varsgemaalde swartpeper


Knoffelmossels


Genoeg vir 6 • Bereidingstyd: 30 minute • Gaarmaaktyd: 6–10 minute


1 Verhit die botter en olyfolie in ’n groot
kastrol. Voeg die uie knoffel en brandrissie
by en soteer tot sag en glansend.
2 Voeg die wyn pietersielie en koljander by
en geur met die swartpeper. Verhit tot
kookpunt.
3 Voeg die mossels by bedek en laat prut
vir 6 minute of totdat die mosseldoppe
oopgaan. Gooi dié weg wat nie oopgegaan
het nie.
4 Skep die mossels en die sous in ’n groot
dienskottel en sit voor met vars brood.

1 Verhit die olyfolie in ’n pan tot warm
en braai die brood tot goudbruin en
bros oraloor.
2 Meng die tamaties ui komkommer
olywe ekstra olyfolie balsemiekasyn
en basilieblare saam in ’n groot
slaaibak. Geur na smaak met die sout
en swartpeper. Skep in die vorm van
’n Kerskrans op ’n groot dienbord.
Sprinkel die croutons oor en sit voor.

Gevulde vis
in Parmaham
Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 25–30 minute


  • 1 groot heel vis (of 3 kleiner visse)
    oopgesny (gebruik geelbek geelstert
    kabeljou of koningklip)

  • 6–8 velle Parmaham
    VULSEL

  • 15 ml olyfolie • ½ ui fyngekap

  • 2–3 knoffelhuisies fyngekap

  • 10 ml fyn kaneel

  • 125 ml bruinrys

  • 375 ml water

  • 60 ml korente

  • 30 ml elk gekapte dille kruisement en
    pietersielie

  • 125 ml dennepitte gerooster

  • 125 ml gekrummelde fetakaas


1 Maak die vulsel Verhit die olyfolie in ’n
pan. Braai die uie knoffel en kaneel daarin
tot die uie sag is. Voeg die rys by en roer tot
al die korrels met olie bedek is. Voeg die
water by en kook tot gaar. Haal van die hitte
af en roer die korente kruie en dennepitte
by. Laat staan eenkant om af te koel. Roer
die gekrummelde kaas deur.
2 Skep die vulsel in die oopgesnyde vis en
draai styf toe in die ham. Bind vas met tou
en braai oor matige kole tot gaar. Die vis is
gaar sodra die vis se vleis nie meer
deurskynend is nie en maklik vlok. Dit
behoort so 30 minute te neem afhangend
van die grootte van die vis en die hitte van
die kole.
Free download pdf