Tuis. 12

(Tuis.) #1
Die dekor
“Ons is baie lief vir ons huis; dit moet hartlik wees en mense moet
gemaklik wees hier” sê Alda. Dié hartlikheid skemer sterk deur in
haar dekor – ’n gesellige kombinasie van ougoed mooigoed
familiegoed optelgoed en tweedehandse kopies. Ook dinge wat sy
nou en dan by haar padstal gaan “gaps”!
En as dit nie regtig oud is nie lýk dit ouwêrelds soos die
landelike kombuis wat sy in 2016 laat inbou het. Die huis met sy
pragtige plankvloere en mure van klip uit die omgewing is rondom
1947 gebou en Alda wou seker maak haar nuwe kombuis skakel
in by die plaasatmosfeer.
As eienaar van die padstal met al sy ouwêreldse huisware het
sy ’n fyn oog vir estetika en ferm beginsels oor wat sy in haar huis
indra. “Óf ’n ding moet ’n storie vertel én prakties werk óf hy
hoort nie hier nie” sê sy ferm.
So lief soos Alda en Sassie vir hul mense is so lief is hulle vir
hul honde Tomba en Luka (dié is ongelukkig kort ná Tuis se kuier
oorlede). “Kinders moet hier met driewiele kan jaag en my honde-
kinders moet darem ook ’n rusbank hê. ’n Huis moet mos lééf.”
Lééf is iets wat die Ficks self met oorgawe doen. “In die somer
stap ons en die honde sommer met ’n bottel wyn en ’n pak tjops
op na die dam toe. Dan sit ons daar en geniet die uitsig en eet
sommer van die rooster af.” En só tel die Ficks hul seëninge met
klein aardse lekkertes wat vir hulle groot vreugde bring. Net soos
hul familie. >>

Kant op rakke van Strand Trading Post


Kroonkandelare van
Dassiesfontein-padstal
Free download pdf