Tuis. 12

(Tuis.) #1

Die hoofslaapkamer
is ruim lig en sonnig.
Die wit hemelbed
kontrasteer pragtig met die
glimmende vloer van ou
Oregondennehoutplanke.


VERSKAFFER
The Windmill Junction 049 892 2099
windmilljunction.co.za

karoo-kersfees


Dekor met ’n storie


Die stukkie van Carol-Ann se hart wat die Karoo nie ingeneem het nie behoort
aan Frankryk. Hulle het ’n vakansiehuis op die sjarmante dorpie Domme in die
Dordogne-streek en gaan kuier elke jaar daar vir ses weke. Dis dié dat sy haar
dekorstyl Frans-Karoo gedoop het.
Sagte teksture soos wit Franse linne en katoen word mooi afgespeel teen rou
hout en kaste met ogiesdraaddeure in ligte vertrekke sonder opgaargoed. Maar
haar liefde vir wit veral mooi linne het sy eie storie.
“Wit skep vrede in my gemoed – iets wat ek ’n paar jaar terug baie nodig gehad
het. Ek was baie lief vir rooi en het voorheen iets roois in elke vertrek gehad. Tot
Hannes prostaatkanker gekry het. Sy prostaat moes dadelik verwyder word omdat
hy nierversaking gehad het weens ’n oorerflike niersiekte. Maar hy moes twee
jaar lank kankervry wees voordat hy ’n skenkernier kon ontvang” vertel sy.
Dis in dié moeilike tyd dat sy al die dekor wit gemaak het en hul
hoofslaapkamer waar hulle so te sê geleef het vergroot het. Hulle het die ou
badkamer deel daarvan gemaak en ’n nuwe badkamer aangebou waar eers ’n
balkon was.
“Vandag is Hannes ’n nuwe mens ná die oorplanting” vertel Carol-Ann
dankbaar. “Sy nuwe nier het in Augustus twee jaar oud geword maar ons geniet
steeds die rustige wit van ons slaapkamer en badkamer.”

Free download pdf