Tuis. 12

(Tuis.) #1
Die koperplaat bo die
stoof (regs) was ’n ou
kaggelskerm. Amelia het
die pote afgehaal en
siedaar. “Ek vee dit net af
met ’n klam lap.”
Dubbele oopswaaideure
(oorkant) verbind nou
die agterstoep met die
kombuis en eetkamer. Die
kerskandelaber is by ’n
straatsmous op Clarens in
die Vrystaat gekoop.

’n Muur is uitgebreek
tussen die eetkamer
en kombuis wat dit
nou een oopplanvertrek
maak. “Die uitbreek
van hierdie muur en
nuwe oopswaaideure
na die stoep het die
grootste verskil gemaak
aan hoe die huis leef”
sê Amelia. Sy het die
vertoonkas en muur in
die Plascon-kleur Houri
geverf en die tafel
met Harlequin’s White
Woodwash.

Free download pdf