Tuis. 12

(Tuis.) #1

Desember 2017 tuis 77


Aan weerskante
Alta Moggee wou ’n ingang skep wat uitstaan teen die saggroen mure op
die stoep van haar huis in Parkview Johannesburg. Die twee pasgemaakte
veiligheidsdeure voor die glas-voordeur asook die dekstoele en gevlegte
mandjies weerskante daarvan skep lieflike simmetrie. Die stoele was eers
blou maar Alta het dit ’n vriendelike geel geverf – dieselfde kleur as haar
gunsteling-koffiebeker.
Sy het die mandjies by die staalhek gesit om die prentjie te versag en te
kontrasteer met hul industriële styl. “Ek wou ’n rustige ruimte hê wat jou
laat voel of jy iewers in die Karoo is ver verwyder van die stad se geraas”
verduidelik sy. >>

#
1

EENVOUD EN
SIMMETRIE

Dis in die detail
’n Pot met malvas op elke trap is ’n
ďĞŬŽƐƟŐďĂƌĞŵĂŶŝĞƌŽŵ͛ŶŝŶŐĂŶŐŽƉƚĞ
dollie. Die klip waarmee Alta die trap
ĂĨŐĞƌŽŶĚŚĞƚ͕ŬŽŶƚƌĂƐƚĞĞƌƉƌĂŐƟŐŵĞƚĚŝĞ
andersins industriële elemente.

Veiligheidshek
pasgemaak deur
Iron Man Dan

Free download pdf