Tuis. 12

(Tuis.) #1
#
4

GROEN EN
ORGANIES

Natuurlike skoonheid
Toe Linda Evans en Almarie Mead in 2014 Sedgefield toe trek was hulle glad
nie beïndruk met die huis se koue donker hek en ingang nie. “Dit was eintlik
nogal grillerig” sê Linda. “Daar was ’n groot dooie boomstomp in die hoek en
dit was nooit lekker om daar verby te stap nie!” Nadat die paartjie ’n garage
aangebou het moes die ingang se rigting verander; hulle het toe sommer die
kans aangegryp om ’n boogdeurgang te bou en die ruimte oper te laat voel.
“Die perdestertboom was aanvanklik oorgroei van klimop maar toe die hek klaar was het ons dit
oor die boog opgelei wat die ingang versag” sê Linda. Hulle het ook ’n rankjasmyn by die ingang
geplant vir sy lieflike geur. Klein agapante en verskeie grasse wat in skadu gedy is weerskante van
die paadjie geplant. “Ons het al die groenigheid bygesit omdat dit ’n wonderlike manier het om ’n
mens ontspanne te laat voel.”

Potte vol styl
Die voordeur by die Rialheim-keramiekfabriek op
Robertson gee besoekers ’n voorsmakie van wat
binne op hulle wag. Planthouers en kerse op die
trappe bring ’n tikkie romanse in die rustieke ruimte
terwyl die groenigheid pragtig lyk teen die rou
sement-oppervlakke. As jy gaste verwag kan jy
maklik self so maak met mooigoed uit jou huis. Dit
sal jou niks uit die sak jaag nie!

’n Ingang kan ’n boodskap


stuur en ons wou hê ons s’n


moet ‘n hartlike verwelkoming in ons


vreedsame wêreld wees. – Linda


Voor


Mure geverf met
swart Plascon Nuroof

Die groot ronde
sementsirkel (bo) versier met
spoelklippies was eers deel
van ’n buitestort. Dit word
omring deur dieselfde klein
los gruisklip wat in die inrit
gebruik is. Drie sementblokke
lei die oog na die hek.
Free download pdf