Tuis. 12

(Tuis.) #1

(^) Oor die kaste sê sy Annie Sloan-
verf werk pragtig op melamien! Toets dit
net eers op ’n onopsigtelike deel; party
opper vlakke bevat baie olies en die verf
sal sukkel om daaraan te kleef. Gebruik in
daardie geval ’n geskikte onderlaag. As jy
nie ’n onderlaag aanwend nie maar jou
melamien nog effens glad is kan jy dit
liggies skuur met 100-grint-skuurpapier.
Maak seker jou kaste is skoon en droog.
Was jou kasdeure met suikerseep en laat
dit droog word.
Besluit dan op ’n kleur – Paris Grey Old
White of Country Grey is baie gewild vir
kombuiskaste. Maar jy kan enigiets kies
wat jou oog vang en selfs detail byvoeg
soos met ’n stensil. Roer die verf liggies
met ’n plankie voor jy begin.
Indien jy ’n gladde afwerking verkies
gebruik ’n Hamilton’s Ensign Perfection-
kwas of ’n sponsroller. Vir ’n tekstuurryke
afwerking sal Annie Sloan se ronde kwas
of ’n Hamilton’s Fibreglass-kwas werk. Jy
kan altyd liggies skuur indien dit agterna
te grof na jou smaak lyk.
Doop jou verfkwas af en toe in ’n bietjie
water terwyl jy verf – dit sal help om die
verf egalig aan te wend. Twee lae is
verkieslik sodat alles goed bedek word –
wag dat die verf droog word tussen lae.
Wanneer jy gelukkig is met jou
afwerking en al die verf droog is kan jy
Annie Sloan Lacquer oor al die kaste
aanwend – twee lae sal dit mooi afrond.
Dit het ’n mat afwerking wat pragtig in
kombuise werk. Roer deur voor jy begin
en verdun die eerste laag met sowat 30%
water sodat die verf dit maklik absorbeer.
Onthou as al die moontlikhede jou
oorweldig kan jy altyd by jou naaste Annie
Sloan-verskaffer gaan inloer vir raad! >>
KONTAK paintdecordiy.co.za
Die
Tuis
-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie.
Tuis
behou die reg om vrae te redigeer.
Kyk op paintit.tuis.co.za hoe Jani ’n gewone
melamienplankie versier met Annie Sloan-verf.
http://www.
ALCOLIN PROMOSIE
Besoek http://www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.
Kry ons op
Naweekprojek
Wat jy nodig het



  • 22 x 44 mm- geskaafde dennehout:
    twee 1 500 mm (kante)
    twee 960 mm (bo en onder)

  • 6 mm x 40 mm-
    spaanderbordskroewe

  • vislyn

  • Alcolin Ultra Wood Glue

  • boor en 3 mm-boorpunt


1 Meet en maak merke 100 mm uit mekaar oor
die lengte van die twee kantplanke; boor ’n gaatjie
op elke merk. 2 Gebruik Alcolin Ultra Wood Glue
en lym en skroef die bo- en onderkant tussen die
ente van die kantplanke vas. 3 Ryg nou vislyn van
links na regs deur al die gaatjies en span dit styf.

Nou vir die “boom”Maak Kersballetjies van bont
papier wat op karton geplak is – party is net ronde
skyfies ander is gevou vir ’n driedimensionele
effek. Die “Kersboompies” is strooitjies van
verskillende lengtes wat aan mekaar geplak is.
Hang die versierings aan die gespande vislyn.

123

Maak ’n Kersboom
met ’n verskil!

n bont

m

Free download pdf