DIE OPLOSSING
Die stilis Margaux Tait antwoordAsjy
meubels van die regte grootte kies en dit slim uitlê
kan jy hierdie veeldoelige ruimte gerieflik inrig met
genoeg ruimte vir rondbeweeg tussen die meubels.
1
MEUBELS Omdat jou TV teen die muur naaste aan die
kombuis gaan kom endie kaggel deel van die sitarea moet
wees vir geselligheid is meubelplasing baie belangrik vir
goeie vloei in die vertrek. Plaas daarom die meubels effens weg
van die muur; dit sal die ruimte ân loslit gevoel gee en die illusie
van ruimte skep. Maak die bankie agter die rusbank staan en stal
boeke of potplante daarop uit om die vertrek lewe te gee.
Voor
Binne-ontwerp deur Kojabu (kojabu.com)
Dekordilemma
DIE PROBLEEM
Nicola Whitfield van Kaapstad skryf
Ons het onlangs by ons huis in Wynberg
ingetrek en kort hulp met die uitleg en
dekor in die sitkamer. Die vertrek is min
of meer 7 m by 6 m groot en daar moet ân
rusbank twee stoele plus ân eetkamertafel
inpas â ons oorweeg dit om ons huidige
reghoekige tafel te vervang met ân ronde
een wat heel waarskynlik naby die
deur na die stoep sal moet staan. Enige
voorstelle is welkom.
2
KYKVERMAAK Sit ân smal
konsole onder die TV. Vir die
beste TV-ervaring sal die
rusbank regs voor die kaggel moet
wees en die twee lae stoele links
van die bank. Helder die rusbank
op met ân paar strooikussings â jy
kan die kleure patroon en
tekstuur afwissel. Gebruik ân klein
lae koffietafel met pakplek en
anker die ruimte met ân mat.
VIR AANSITRig die eetgedeelte in oorkant die sitgedeelte en
krygerus daardie ronde tafel wat jy oorweeg. Kies ligte stoele
- swaar hout- of gestoffeerde stoele kan te bonkig lyk en vloei
in die vertrek belemmer. Plaas ân vaas met vars loof in die middel
van die tafel; dis ân natuurlike element wat ân bietjie lewe by die
vertrek sal inbring. Jy kan dit in die res van die vertrek herhaal met
huisplante of enkel blomme in mooi vase.
4
KUNSSINNIG Kunswerke in groepe teen die muur sal die
vertrek persoonlikheid gee. Skep hoogte bo die kaggel met ân
groot kunswerk of ân versameling kleiner fotoâs of kunswerke.
Dit sal balans bring met die TV en die oog boontoe lei.
Ek stel voor jy hou by ân subtiele versameling soos swart-wit-
fotoâs. Jy kan selfs ân paar ou familiefotoâs tussen meer moderne
prente gebruik.
5
BLINK VERTONING Gebruik die ingeboude rakke by die
eetgedeelte om ân prettige versameling breekgoed of glasware
uit te stal. Onthou sulke ruimtes verg baie dissipline om
skoon te hou en as jy dit afskeep kan dit ân groot seeroog wees
omdat dit so ân prominente plek in die vertrek beklee.
6
KLEUR Aangesien die ruimte meer as een funksie moet
verrig sal dit wys wees om te hou by ân ligte kleurpalet om dit
lig en lugtig te laat voel. ân Koel groen soos Julianne Jade of
Evening Grass van Plascon sal pragtig lyk saam met ân neutrale
skakering soos Salisbury Stones 4 van Dulux. Jy kan wit kombineer
met ligte hout en pastelkleure of verskillende skakerings van grys
vir ân moderne voorkoms.
2
1
4
5
6
3
Dié oopplan-leefvertrek was ons inspirasie vir dié
dekordilemma.