Tuis. 12

(Tuis.) #1
DIE OPLOSSING
Die stilis Margaux Tait antwoordAsjy
meubels van die regte grootte kies en dit slim uitlê
kan jy hierdie veeldoelige ruimte gerieflik inrig met
genoeg ruimte vir rondbeweeg tussen die meubels.

1


MEUBELS Omdat jou TV teen die muur naaste aan die
kombuis gaan kom endie kaggel deel van die sitarea moet
wees vir geselligheid is meubelplasing baie belangrik vir
goeie vloei in die vertrek. Plaas daarom die meubels effens weg
van die muur; dit sal die ruimte ’n loslit gevoel gee en die illusie
van ruimte skep. Maak die bankie agter die rusbank staan en stal
boeke of potplante daarop uit om die vertrek lewe te gee.

Voor


Binne-ontwerp deur Kojabu (kojabu.com)

Dekordilemma


DIE PROBLEEM

Nicola Whitfield van Kaapstad skryf
Ons het onlangs by ons huis in Wynberg
ingetrek en kort hulp met die uitleg en
dekor in die sitkamer. Die vertrek is min
of meer 7 m by 6 m groot en daar moet ’n
rusbank twee stoele plus ’n eetkamertafel
inpas – ons oorweeg dit om ons huidige
reghoekige tafel te vervang met ’n ronde
een wat heel waarskynlik naby die
deur na die stoep sal moet staan. Enige
voorstelle is welkom.

2


KYKVERMAAK Sit ’n smal
konsole onder die TV. Vir die
beste TV-ervaring sal die
rusbank regs voor die kaggel moet
wees en die twee lae stoele links
van die bank. Helder die rusbank
op met ’n paar strooikussings – jy
kan die kleure patroon en
tekstuur afwissel. Gebruik ’n klein
lae koffietafel met pakplek en
anker die ruimte met ’n mat.

VIR AANSITRig die eetgedeelte in oorkant die sitgedeelte en
krygerus daardie ronde tafel wat jy oorweeg. Kies ligte stoele


  • swaar hout- of gestoffeerde stoele kan te bonkig lyk en vloei
    in die vertrek belemmer. Plaas ’n vaas met vars loof in die middel
    van die tafel; dis ’n natuurlike element wat ’n bietjie lewe by die
    vertrek sal inbring. Jy kan dit in die res van die vertrek herhaal met
    huisplante of enkel blomme in mooi vase.


4


KUNSSINNIG Kunswerke in groepe teen die muur sal die
vertrek persoonlikheid gee. Skep hoogte bo die kaggel met ’n
groot kunswerk of ’n versameling kleiner foto’s of kunswerke.
Dit sal balans bring met die TV en die oog boontoe lei.
Ek stel voor jy hou by ’n subtiele versameling soos swart-wit-
foto’s. Jy kan selfs ’n paar ou familiefoto’s tussen meer moderne
prente gebruik.

5


BLINK VERTONING Gebruik die ingeboude rakke by die
eetgedeelte om ’n prettige versameling breekgoed of glasware
uit te stal. Onthou sulke ruimtes verg baie dissipline om
skoon te hou en as jy dit afskeep kan dit ’n groot seeroog wees
omdat dit so ’n prominente plek in die vertrek beklee.

6


KLEUR Aangesien die ruimte meer as een funksie moet
verrig sal dit wys wees om te hou by ’n ligte kleurpalet om dit
lig en lugtig te laat voel. ’n Koel groen soos Julianne Jade of
Evening Grass van Plascon sal pragtig lyk saam met ’n neutrale
skakering soos Salisbury Stones 4 van Dulux. Jy kan wit kombineer
met ligte hout en pastelkleure of verskillende skakerings van grys
vir ’n moderne voorkoms.

2

1

4

5

6

3

Dié oopplan-leefvertrek was ons inspirasie vir dié
dekordilemma.
Free download pdf