boodskap van die uitvoerende redakteur
Natuurlik hoop en bid ons
almal dat gesonde verstand by
die stembusse sal heers (of ten
minste ons weergawe daarvan).
Dan hoop ons dat, ongeag die
beleide wat aangevoer word, ons
absolute duidelikheid sal kry oor wie,
wanneer, waar en hoe, want dan
kan ons ten minste ons sakemodel/
toekomsplanne dienooreenkomstig
aanpas.
Dan hang daar ook ’n groot
vraagteken oor implementering.
Tans, wanneer ’n besluit uiteindelik
geneem word, lei die burokrasie van
prosedures dat implementering ’n
ewigheid duur. Huidige voorbeelde
is die verandering van die Wet op
Vleisveiligheid en/of die regulasies
daarvan om ’n werkbare wettige
raamwerk vir daardie deel van ons
bedryf te skep om te kan floreer en
by te dra tot voedselsekerheid in die
land en die streek.
’n Ander voorbeeld is die buiten-
sporige burokrasie rondom die
registrasie van veemiddels (stock
remedies) en veeartsenykundige
medisyne, waar ’n eenvoudige
registrasie maklik tot vyf jaar
kan duur om verwerk te word.
Gedurende hierdie tyd ly mense,
diere en die ekonomie as die
produkte nie beskikbaar is nie.
Dit is duidelik dat korrupsie in
die staatsdepartemente en die
parastatale of staatsbeheerde
entiteite aangespreek moet word.
Al wat ons as wildboere en
landsburgers kan doen, is om self te
besluit wie ons as leiers kies en ons
merkies dienooreenkomstig te maak.
As ons dit nie doen nie, kan ons
niemand die skuld gee nie.
Belangriker nog is dat ons weet
armoede is wydverspreid in ons
land (verwys na vroeëre rubrieke
vir besonderhede). Ons weet 25%
van die kinders in Suid-Afrika gaan
op ’n leë maag skool toe en dat die
rykdomsgaping dalk die grootste in
die wêreld is. Dit stuur ongetwyfeld
op ’n ramp af.
Die voormalige president van
die Ciskei, wyle Lennox Sebe, wat
moontlik nie gemis word nie, het
tydens sy inhuldiging gesê sy beleid
is ’n maaltyd per dag – want “’n leë
maag kan nie hoor nie”. Dit is so ’n
gepaste analogie. Dit beklemtoon
dat wet en orde en dus ekonomiese
groei nie verwag kan word om voort
te gaan as die ekonomie nie by
die bevolkingsgroei byhou nie en
wanneer die aantal hulpelose en
hopelose mense meer raak.
As ons hierdie uitdagings gaan
oorleef, moet ons, dié wat ‘het’, ons
deel vir die land doen, die gekose
regering help op alle maniere
wat ons kan, maar veral deur ons
besighede (ons wildplase) sentrums
van ekonomiese aktiwiteit en sosiale
ontwikkeling te maak. Interessante
navorsing deur Deloitte, wat 2 000
C-suite-bestuurders van die toplande
uit 19 lande uitgevra het oor wat
uitvoerende hoofde/maatskappye
moet doen om die 4de Industriële
Revolusie(4IR)te oorleef,hetbevind:
- Diealgemeensteantwoord
was die strategie MOET fokus
op maatskaplike impak,
bv. diversiteit, ongelykheid,
omgewing. Wat ons as wildboere
doen – om die landelike
ekonomie te versterk en voedsel-
sekerheid te verskaf – is absoluut
in lyn hiermee. Ons moet net kyk
na waar ons ’n groter en beter
verskilkanmaak,enfokusopdie
impakwatonskanmaak. - Dietweedewasklante-
tevredenheid. En natuurlik draai
wildplase se hele fokus om
gelukkige klante, hetsy plaaslike
of internasionale jagters,
ekotoeristeof vleisverbruikers. - Werknemerstevredenheid/
retensie het uitgekom as die
derde belangrikste suksesfaktor,
gevolg deur finansiële prestasie
en regulatoriese nakoming.
Wildboere is duidelik in ’n goeie
posisie om die golf van die 4de
Industriële Revolusie te ry, ons
besighede te laat groei en ons
deel te doen om by te dra tot ’n
inklusiewe, groeiende landelike
ekonomie, landelike armoede te
verminder en dus by te dra tot
die welsyn van ons land.