Tuis. 01

(Tuis.) #1

104 tuis Januarie 2017


Saamgestel deur Gillian Eva • Foto’s: Francois Oberholster en verskaf

Take vir


Maak dit jou Nuwejaarsvoorneme om


meer waterwys in jou tuin te werk.


Deur Kay Montgomery

Werk slim met water
As daar min reën val of waterbeperkings
in jou omgewing ingestel is is daar wel
maniere om dié kosbare hulpbron in jou
tuin te bewaar. Probeer dié wenke:


  • Kies die regte plante Om volwasse
    bome en struike te vervang sal net te veel
    tyd en geld kos – laat hulle dus tydens
    waterbeperkings voorkeur geniet. Die
    meeste plante uit die winterreënstreek (soos
    fynbos) en uit Mediterreense lande (soos
    laventel) hanteer droë somers goed terwyl
    plante uit die somerreënstreek meer gereeld
    water sal moet kry.

  • Groepeer plante met soortgelyke
    waterbehoeftes saam pleks van volgens
    kleur of tekstuur. Plant dié wat die meeste
    water nodig het naby die huis en in groot
    potte op die patio. Groepeer eerder plante
    met hoë waterbehoeftes saam in groot
    potte pleks van in ’n klomp klein potte en
    hangmandjies.

  • Strooi ’n deklaag ’n Laag organiese
    materiaal soos basstukkies kompos of
    dennenaalde 8–10 cm dik sal vog in die
    grond behou. Los ook blare wat op die
    grond val as ’n natuurlike deklaag rondom
    struike. Deklae versmoor onkruid en keer
    dat die wind jou grond uitdroog. Maak die
    grond goed nat voor jy die deklaag strooi en
    laat ’n klein opening om die stamme.

  • Natmaak Vang in die somerreënstreek
    reënwater in tenke op. Maak seker
    die water bereik die wortels; as jy net
    bolangs natmaak droog jou plante se
    oppervlakwortels uit.

  • Belê in ’n gryswaterstelsel sodat jy water
    in jou tuin kan hergebruik. Gryswater kom
    van die bad stort en wasmasjien (indien jy
    bio-afbreekbare seep gebruik). Water uit die
    kombuiswasbak is nie geskik nie omdat dit
    vette bevat.


Strooi deklae.

Vang reënwater op.

Werk slim
met kleur
Gebruik dié trendy skakerings van die
onderskeie “Kleur van die Jaar”-palette
vanjaar in jou tuin:


  • Dulux se kleur van die jaar vir 2017 is
    Steel Symphony 2 ’n veelsydige grysblou
    wat perfek is vir potte en tuinmeubels boë
    en priële. ’n Grysblou muur vorm ook die
    perfekte agtergrond vir die dofpienk
    skutblare van Bougainvillea ‘Natalia’.

    • Plascon se kleur van die jaar vir
      2017 is In The Mood ’n aardse grys
      met ’n skynsel pienk. Wanneer pienk
      blomme tussen plante met grys loof
      groei lyk dit warm en aanloklik en
      verleen ’n tikkie romanse aan ’n tuin.
      Plant Artemisia ‘Powis Castle’ met
      sy silwergrys loof as ragfyn pasmaat
      tussen pienk rose soos ‘Heritage’
      ‘Sharifa Asma’ en ‘Johannesburg
      Garden Club’.




Wenk van
die maand
Skep die illusie van
meer ruimte deur jou
tuin in “kamers” te
verdeel met behulp
van muurtjies
heinings struike
latwerk en boë.

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ


Tuindagboek


Januarie


‘Sharifa Asma’
Free download pdf