Tuis. 01

(Tuis.) #1

Januarie 2017 tuis 123


Worspastei
Onder R100 • Genoeg vir 1 pastei • Bereidingstyd: 35 minute


  • Baktyd: 25 minute

  • 9 frankfurters

  • ’n lekker tamatiesalsa
    vir voorsit
    DEEG

  • 200 g meel

    • 125 ml botter

    • 625 ml mediumvet roomkaas

    • 125 ml cheddarkaas
      fyngerasper

    • ’n ruim knippie rooipeper




1 Maak die deeg Vryf die botter by die meel in tot dit soos growwe
broodkrummels lyk. Voeg die res van die bestanddele by en knie
saam tot glad. Vorm in ’n plat skyf draai toe in kleefplastiek en laat
rus in die yskas vir 20 minute.
2 Rol die deeg dan in ’n reghoek uit op ’n meelbestrooide
oppervlak. Sny die reghoek in sowat 6 ewe dik repe. Weef nou die
deeg bo-oor en onderdeur die worse soos op ons foto (dit help
om op ’n vel bakpapier te werk). Druk die punte bymekaar. Sit die
“pastei” op ’n bakplaat en bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C
vir sowat 25 minute of tot die deeg goudbruin en bros is. Dié pastei
gaan baie aandag trek!


  • 3 baie ryp mediumgroot
    piesangs

  • 125ml olie

  • 60 ml melk

  • 100 ml bruinsuiker

  • knippie sout

    • 2 ekstragroot eiers geklits

    • 240 g bruinbroodmeel

    • 10 ml bakpoeier

    • 100 ml klapperskaafsels

    • 1 pasryp piesang

    • Nutella




Piesangbroodjies


Onder R75 • Genoeg vir 4 klein broodjies
Bereidingstyd: 20 minute • Baktyd: 25 minute


1 Skil die ryp piesangs en sny in skyfies. Sit dit saam met die
olie melk suiker sout en eiers in ’n mengbak en pols met ’n
staafmenger tot glad. Sif die meel en bakpoeier by (voeg die
semels wat in die sif agterbly ook by) voeg dan die klapper by en
vou in tot net gemeng. Smeer 4 klein broodpannetjies en skep die
beslag daarin.
2 Sny die pasryp piesang in skyfies en pak dit mooi bo-op die
broodjies. Bak in ’n voorverhitte oond teen 160 °C vir sowat
25–30 minute of tot net gaar. Keer uit en laat heeltemal afkoel.
3 Om voor te sit sny elke broodjie horisontaal in die lengte in drie
en smeer ’n dik laag Nutella tussen die lae. Pak weer op mekaar.


kortpadkos


Ek het dié fantastiese idee van die
blogger Macheesmo net effens aangepas.
As die tyd knyp maak soos Macheesmo en
gebruik sommer gekoopte deeg.
Free download pdf