Tuis. 01

(Tuis.) #1

Bridget Impey en Maggie Davey het jare lank een besige stad
(Johannesburg) vir ’n ander (Kaapstad) verruil wanneer hulle met
vakansie gegaan het. Maar waarna hulle eintlik gesmag het was
’n ware wegbreek; toe besluit hulle om die vakansiehuis van hul
drome te bou – ’n afgesonderde huisie onafhanklik van die
kragnetwerk buite Suurbraak.
“Hier kweek gesinne nog hul eie groente jong mans ry hul
perde bloots deur die dorp en almal swem saam in die
Buffeljagsrivier” sê Bridget.
Die paartjie het die 1 800 m²-erf in 2004 gekoop. Dis omring
deur ’n boekenhoutwoud en sowat 3 km buite die middedorp.
“Die omgewing was vir ons wild en idillies en die eiendom was
bekostigbaar” onthou Bridget. “Maar vir jare nadat ons die erf
gekoop het het ons net af en toe kom kuier en meestal net die
terrein skoongemaak.”
Maar dit alles het verander ná ’n vakansie in 2013 in
Kambodja. “Ek en Maggie het deur die oerwoud gereis en gesien
hoe wonderlik dit is om eenvoudig te leef. Die huise met die
hangmatte op die dek wat tipies is van die streek was vir ons
pragtig” verduidelik Bridget.
Met hul terugkoms in Suid-Afrika het hulle begin beplan
presies waar die dek op hul eiendom sou staan; dis daardie
selfde jaar nog gebou. “Vir Kersfees 2014 het ek Maggie my
dogter skoonseun en twee kleinkinders almal op die dek gekamp



  • en dit was die heerlikste vakansie!”
    Gedurende 2015 het Bridget en Maggie met die kenners by
    26’10 South Architects saamgewerk aan ’n plan vir hul
    houthuisie; baie daarvan is op die einste dek uitgedink.
    Hul huis is dieselfde jaar voltooi en daardie Kersfees kon hulle
    hul nuwe blyplek die eerste keer benut. Pure genot!


Ons is mal oor die gevoel van buite en binne


wat soos een voel. – Bridget


Hart en siel
Bridget en Maggie wou ’n beskeie blyplekkie hê sonder dat dit
beknop voel. “Ons wou omring wees met prettige gemaklike items
wat lank hou” sê Bridget.
Albei is uitgewers by Jacana Media en hul betrokkenheid by
boeke het ’n rol gespeel in die beplanning van die huis. “Dit het
beslis ’n invloed op die manier hoe ons na die wêreld kyk”
verduidelik Bridget.
Trouens hulle het die boek Contemporary South African
Architecture in a Landscape of Transition saamgestel deur Henning
Rasmuss Thorsten Deckler en sy vrou Anne Graupner saam
uitgegee.
“Hulle was dus die eerste mense by wie ons gaan kers opsteek het
toe ons begin dink aan bou” sê Bridget. “Dit was so ’n aangename
proses om saam met hulle te sit en beplan aan ’n huis wat in al ons
behoeftes voorsien: ’n enkele slaapkamer bo met ’n uitsig wat ons
laat voel of ons hoër as die boomtoppe is ’n werk spasie naatlose
vloei tussen binne en buite lekker kookplek en oorgenoeg slim
bêreplek wat nie te veel ruimte in beslag neem nie.”
Daar is beslis geen gebrek aan slim planne vir bêreplek in dié huis
nie; elke sentimeter word doeltreffend benut sodat die ruimte nie
beknop voel nie. Alles het sy plek en kan weggepak word in verskeie
hoekies en gaatjies insluitend onder die dek. “Ons het selfs van die
vensterbanke laat uithaal sodat ons nie in die versoeking kom om
goed daar staan te maak nie!” sê Bridget laggend.
“Ons is net dol oor die eenvoud en ruim gevoel” voeg sy by. “Dis
ons rustige toevlug waar skape bokke beeste en ystervarke vry
rondloop; waar ons ’n pragtige uitsig op die Langeberg het; waar ons
water uit die berge kom en die elektrisiteit van die son.

20 tuis Januarie 2017

Free download pdf