Tuis. 01

(Tuis.) #1
’n Ou indekskaart-
kas in die ingangs-
portaal word gebruik
om losgoed in te
bêre. Dis geverf
met Annie Sloan
Old White en elke
laai is versier met
plakboekpapier wat
daarop vasgeplak
en verseël is
met deursigtige
houtseëlaar.

Hulle het jare lank prente uit tydskrifte geknip wat uitbeeld hoe
hul droomhuis moet lyk. Op hul gedeelde Pinterest-aansteek-
bord was foto’s van landelike dekor Victoriaanse badkamers
titsels kleur teen wit agtergronde en oopplan-ruimtes met
ontblote houtbalke.
Maar die huis wat Linda ’n grafiese kunstenaar en Almarie
’n afgetrede skoolhoof in 2014 gekoop het was ’n ou houthuis
met oudmodiese dekor ’n klomp klein somber vertrekke en ’n
oorgroeide tuin. “Dit was ’n seeroog maar ons was dadelik
verlief” sê Linda van dié tweeslaapkamerhuis op die kusdorpie
Sedgefield op die Tuinroete.
Die paartjie wat al sewe jaar getroud is het eers in Table
View Kaapstad gewoon. Hulle het baie idees vir ’n opknap
gehad maar die huis in die Kaap was net te groot dat hulle alles
na hul smaak kon verander. Toe Almarie se seun Nicolas die
nes verlaat het sy en Linda besluit om ’n kleiner woonplek te
kry. Aangesien hulle al dikwels by Almarie se broer op
Sedgefield gekuier het het hulle ook daar begin huis soek – en
dié opknappersdroom ontdek wat hul tuiste sou word.
Nou twee jaar later lyk dit presies soos hulle dit wou hê – tot
die laaste detail. >>


Dis regtig so lekker dat als


byderhand is wanneer ek kook


en ek nog steeds kan deel


voel van die geselskap.



  • Linda


Vuurpot deur
Hot Art

Almarie en Linda geniet ’n
al fresco-ete.
Free download pdf