Tuis. 01

(Tuis.) #1
Die opknap
Die heel eerste stap in die opknapprojek was om mure uit
te breek sodat hulle ’n lugtige ruimte met ’n oopplan-
kombuis-en-sitkamer kon skep. Hulle het ook die vloei van
die huis verbeter: Die nuwe hoofslaapkamer was eers ’n
buitekamer hul en suite-badkamer was waar die kombuis
nou is en die gastekamer was ’n haarsalon!
Hulle het ’n garage en ateljee bygevoeg wat die kothuis
van 100 m² omskep het in ’n ruim woning van 152 m².
Dennehoutvloere is gelê en verseël met deursigtige
Woodoc 25 Water-borne Floor Sealer. “Ons wou nie hê die
hout moet mettertyd daardie aaklige oranje kleur kry nie”
sê Almarie.
Die huis is oorspronklik net met hout gebou maar die
buitemure is nou beklee met Nutec-planke. “Dit voel nie
asof ons in ’n houthuis woon nie en dit lyk glad nie meer
soos een nie!” sê Linda.

[OOP EN LIG]
Tydens die opknap het hulle die
plafonne in die leefarea verwyder.
“Ons was onseker oor die toestand van
die dakbalke maar gelukkig was dit
nog goed; die hout het net ’n laag verf
ŶŽĚŝŐŐĞŚĂĚ͘KŶƐŚĞƚ^ŝƐĂůĂƟŽŶĂƐĚŝĞ
eerste laag isolasie onder die dak
gebruik en dit toe afgerond met dik
Isoboard-panele.
Deon van Rensburg van Solid Grain
het die paartjie gehelp geld bespaar
deur die kombuiskaste se karkasse van
melamien te maak en die plaasstyl-
deure van Supawood.
Die dennehout-tafel en -bankies was
eers heeltemal wit geverf maar hulle
wou hê dit moet pas by hul swarthout-
toonbanke toe beits hulle die blaaie
met tee. Dis ’n eenvoudige proses:
Hulle het 12 teesakkies in kookwater
ůĂĂƚƚƌĞŬĞŶůĂĂƚĂŅŽĞů͘EĂĚĂƚŚƵůůĞĚŝĞ
tafel en bankies se blaaie afgeskuur
ŚĞƚ͕ŚĞƚŚƵůůĞĚŝĞƚĞĞŵĞƚ͛ŶǀĞƌŅǁĂƐ
aangewend tot die hout die gewenste
kleur was – min of meer vier lae. Toe
dit droog was het hulle dit verseël met
tŽŽĚŽĐŶƟƋƵĞtĂdž͘

Breekgoed kombuisware
en ander dekoritems wat in
die vorige huis weggebêre
was pryk op sweefrakke
(bo). “Ons is mal oor die
spatpaneel – dis soos
’n reuse-kunswerk” sê
Linda. Die kasdeure se
koperhandvatsels is herwin
van ou skoolbanke. En hul
skrynwerker het met ’n slim
plan vorendag gekom vir
bekostigbare werkblaaie
deur swarthout-vloerplanke
saam te lamineer.
Teëls van CTM

Pasgemaakte hanglampe van Victorian
Side Bathrooms; mat van @home

leserhuis


30 tuis Januarie 2017

Free download pdf