In een van Sally se âtuinkamersâ het
sy ân woudjie van luiperdbome geplant.
Die trapklippe word omring deur gruis.
92 tuis Januarie 2017
Van voor af
In 2011 het Sally en haar lewensmaat Pierre
Roode na Heidelberg verhuis waar hulle ân
dekorwinkel Inspired langs die N2 begin het.
Sally het dadelik op die ruim erf ingespring en
op haar eie begin om die lushof te skep wat
vandag hier te sien is.
Sy het aanvanklik alles alleen gedoen en
eers ses maande gelede ân helper in diens
geneem. Vandag help Samuel Square haar
die swaar kruiwa teen die bulte uitstoot.
âDie groot bome in die voortuin met die
ellelange oprit en die twee reuse-akkerbome
het net reg gevoel. Ek het dadelik ân prentjie
in my kop gehad van wat ek kon doen om
die huis en tuin terug te neem na die spog-
eiendom wat ek glo Ivy Lodge op sy dag was.
Gelukkig is ek so bevoorreg om leiwater te
hêâ sê Sally.
Sy het die voortuin meer formeel gemaak
om by die styl van die huis te pas en dit het
beteken dat baie van die vorige eienaar se
clivias georden en verskuif moes word na die
skaduwee onder die bome. âHul groot
verskeidenheid kleure maak my vroeë
lentetuin baie spesiaal.â
Die voortuin bestaan uit net ân paar spesies:
clivias onder die jakarandas wit agapante in
die sonnige dele en Duranta âSheenaâs Goldâ
as heinings. âEk het ân paar vormboompies
ingebring om met die skerp blare van die
agapante en clivias te kontrastreer â hiervoor
het ek Duranta âGold Mineâ sowel as ficus-
boompies wat vanself opgekom het gesnoei.
Daar is twee asemrowende kameelvoet-bome
(Phanera variegata) wat vroeglente oortrek is
met wit orgidee-agtige blomme.â
In November 2012 moes Sally haar
voortuin wat net klaar ontwerp en beplant
was agterlaat om haar seun Morné in
Pretoria te gaan bystaan nadat hy in ân
motorongeluk was. Toe sy nege maande later
terugkeer het Pierre vir haar ân houtprieel
onder ân boom in die voortuin gebou. Hier het
sy ân sterjasmyn geplant wat dit kon toerank
met twee Japannese esdorings weerskante.
Om die oorgang van die tuin na die plaveisel
voor die huis te definieer het hy ân pergola
gebou waarteen ook sterjasmyn rank. En
danksy sewe luiperdbome (Caesalpinia ferrea)
in dié deel is dit nou ân klein woud! >>
Begonias op hul mooiste
in ân pot. Die nimlike Sally
(regs) by ân luiperdboom.