Tuis. 02

(Tuis.) #1

80 tuisFebruarie 2017


raad


Wil jy ’n houtvloer laat installeer? Of wil jy ’n groot trap minder


prominent laat vertoon? Vra net – ons kry die antwoorde.


Saamgestel deur Kim Arendse

Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer.

Vra die kenners


Wat jy alles van
houtvloere moet weet
Klaas Mokaba van Polokwane Limpopo skryf
Ons is besig om ’n huis te bou en nadat ons in ’n
vorige uitgawe van Tuis ’n foto van ’n houtplafon
(en vloer as dit ’n dubbelverdieping is) gesien het
oorweeg ons iets soortgelyks. Ek het nog nooit ’n
houtvloer gehad nie en wil graag meer daaroor weet
soos hoe duursaam dit is en hoe om dit te onder-
hou. Kan julle help?
Frikkie Greeff van Woodoc
ntwoord Die algemeenste hout
at in Suid-Afrika vir vloere gebruik
ord is Suid-Afrikaanse denne-
out saligna of meranti maar daar
s ook ander (duurder) opsies
dien jou begroting dit toelaat.
Afhangend van die soort hout
wa jy kies kan it goedkoper uitwerk as die tweede
algemeenste opsie: beton wat tipies ’n afwerking
soos teëls of ’n mat nodig het.
In die geval van ’n houtvloer-en-plafonkombinasie
soos dié van die dubbelverdiepinghuis wat ons
gewys het moet ek benadruk dat ’n professionele
ontwerp deur ’n argitek of siviele ingenieur van die
allergrootste belang is. Dit is ook noodsaaklik dat ’n
gesoute bouer die werk doen om te verseker die
vloer is stabiel en sterk genoeg vir die beoogde
gebruik.
Onder die voordele van hout tel die natuurlike ryk
warm tekstuur en indien dit goed versorg word word
dit met verloop van tyd net al hoe mooier. Dis ook
duursaam en kan ’n leeftyd hou. Omdat hout
organies en nie-elektromagneties is trek dit minder
stof aan en is dit minder geneig om allergene of
swamme te huisves wat allergieë kan veroorsaak.
Die nadele is dat dit gereelde onderhoud verg in
dele met hoë voetverkeer; dit moet volgens die
toepaslike bouregulasies vooraf behandel word teen
termiete en ander insekte; indien dit nie reg verseël
is nie kan dit waterskade opdoen; en omdat dit
vatbaar is vir skade in areas met hoë voetverkeer
moet dit voor gebruik behoorlik geskuur en verseël
word om dié risiko te verlaag.

Stuur jou vrae na [email protected]
Free download pdf