Tuis. 02

(Tuis.) #1
Sorg só vir jou houtvloer
1 VOORBEREIDING EN AANWENDING


  • Ek stel voor julle skuur die vloer so glad moontlik
    met ’n industriële skuurmasjien.

  • Vee dit dan deeglik af met mineraalterpentyn (nie
    water nie!) om alle stof of enige ou was of olie wat in
    die skuurproses na die oppervlak gebring is te
    verwyder. Moet nooit die vloer met water was nie; dit
    sal die hout beskadig.

  • Sodra die vloer skoon en droog is moet jy drie
    ruim lae van ’n verseëlaar soos Woodoc 25 met ’n
    goeie kwas aanwend. Die seëlaar moet onverdun
    aangeverf word direk uit die blik. Laat elke laag
    droog word voor jy die volgende een aanwend.
    2 ONDERHOUD

  • Moet nooit die vloer met water was nie en veral
    nie met water en reiniger nie. Dit sal die vloer
    dowwer laat vertoon en water kan tussen die planke
    indring. Onder gewone omstandighede behoort dit
    voldoende te wees om die vloer net gereeld met ’n
    sagte besem skoon te vee.

  • Enige vuil of taai kolle wat nie met ’n besem
    skoongemaak kan word nie moet met ’n klam lappie
    afgevee word. Van tyd tot tyd kan jy ’n vloeibare was
    soos Woodoc Penetrating Furniture Wax oor die vloer
    aanwend en dan poets.

  • Dis altyd ’n goeie idee om vilt of iets soortgelyks
    onder stoel- en tafelpote te sit om krapmerke op die
    vloer te voorkom. Gebruik staalwol wat in Woodoc
    Penetrating Furniture Wax gedoop is om enige
    krapmerke liggies weg te skuur. ’n Ernstige kap- of
    krapmerk moet dieper geskuur en dan met ’n laag of
    twee Woodoc 25 bedek word. >>
    KONTAK 0800 411 200 woodoc.com


Ons beantwoord nog vrae op

Steel dié naweek haar hart met die mooiste potstaander.


ALCOLIN PROMOSIE


Besoek http://www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.

Kry ons op

Maak ’n patroonvorm van ’n hart uit plastiek of karton. Plaas die drie breër planke langs mekaar
dwars oor die twee smaller planke met ’n 22 mm-spasie tussen die boonste planke. Trek die
hartpatroon op die hout af om te bepaal waar jy die twee dwarsplanke moet vassit. Gebruik
Alcolin Ultra Wood Glue en lym die hout vas. Laat dit goed droog word en saag dan die hartvorm
uit met ’n figuursaag. Verf of versier laastens die potstaander na jou (of haar) smaak.

Naweekprojek


Materiaal



  • 3 dennehoutplanke
    van 22 x 69 x 300 mm

  • 2 dennehoutplanke
    van 22 x 44 x 300 mm

  • Alcolin Ultra Wood Glue

  • verf of vernis

Free download pdf