Tuis. 03

(Tuis.) #1

Maart 2017 tuis 107


Die regte tyd


om te groet


Sukkel ou rose?


Take vir elke streek


Somerreënstreek Swaar oggenddou kan
swartvlek veroorsaak. Spuit met Chronos of
Rose Protector of wissel die twee af.
Ludwig’s Insect Spray en Spray Stay sal
ook plae weghou. Sny dooie blomkoppe
af maak twee keer per week nat en bemes
in die middel van die maand. In koel streke
is dit die laaste maand om te bemes.
Kaapse kusstreek Maak twee keer per
week nat. Spuit gereeld met Chronos of
Rose Protector (of wissel die twee af) as
daar swaar dou of vroeë reën is om jou
rose teen swartvlek en donsskimmel te

beskerm. Hou aan met bemes sodat die
plante genoeg voedingstowwe het om tot in
die winter te blom. Sny dooie blomkoppe
af indien nodig en maak seker daar is
genoeg blare op elke steel.
Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Maak
twee keer per week goed nat indien
moontlik en dien ekstra bemesting toe
sodat die rose voedingstowwe het om tot in
die winter te blom – maak ná toediening
goed nat. Sny dooie blomkoppe af om
blomvorming aan te moedig. Maak seker
beddings het ’n goeie deklaag.

‘Thank You’

‘Happy Home’ V: Hoe kan ek my rose se blomtyd verleng?
Namate die dae korter raak gaan rose hul
dormante winterfase binne deur kos uit hul blare te
onttrek. As jy maandeliks voeding toegedien het
behoort dit nie ’n probleem te wees nie maar as jy
nie het nie moet jy ’n dubbele dosis toedien en
goed natmaak. Só sal die struik die voedsel bewaar
en steeds genoeg hê om tot diep in die winter aan
te hou groei en blom. Dis ook belangrik om te spuit
teen swartvlek wat blaarverlies kan veroorsaak.

V: Ek het van my ou rose uitgehaal en wil dit
graag vervang met nuwe kultivars soos ‘Thank
You’ en ‘Happy Home’. Moet ek die grond
steriliseer?
As jy ’n roos uithaal wat langer as vyf jaar op
’n plek gestaan het moet jy die grond ook vervang.
Om die grond te steriliseer is ’n ingewikkelde
proses. Dis heelwat makliker om bloot ’n netjiese
gat te grawe ’n kartonboks vol goeie potgrond of ’n
mengsel van tuin- en potgrond in die gat te sit en
die nuwe roos daarin te plant. Teen die tyd dat die
karton gedisintegreer het is die groei-inhibeerders
van die ou roos weg en sal die nuwe roos gedy.

Maart is ’n goeie
tyd om te kyk hoe
dit met jou rose
gaan en te bepaal
hoekom sekere
plante beter as
ander gevaar het.
Jy belê baie tyd e
geld (in die vorm
van bemesting en
water) in jou tuin daarom maak dit nie sin om
rose wat teleurstellende vertonings lewer te
behou nie.
Kyk uit vir die volgende...


  • Rose wat nie gedy nie veral as dit net een
    struik is wat sukkel terwyl die ander rondom
    hom goed vaar.

  • Kultivars wat meer vatbaar is vir swartvlek of
    poeierskimmel en maklik hul blare afgooi.

  • Rose wat nie gou weer blomme dra nie en
    minder blomme lewer.

  • Spigtige of dun puntige groei wat minder
    groeikrag toon as ander rose in die tuin. Dis
    dikwels ouer kultivars of net eenvoudig ouer
    plante wat verby hul fleur is!
    Skakel ander moontlike oorsake uit
    Voor jy besluit om rose te vervang maak
    seker daar is nie ’n ander oorsaak wat hul
    groei belemmer nie. As die rose heel voor of
    agter in ’n bedding staan kry hulle dalk nie
    genoeg water nie. Spit die bedding om en
    gaan die grond na. Wortelmededinging van
    nabye plante of sproeiers wat nie die plant
    bereik nie kan ook ’n probleem wees.
    Waar daar mededinging is grawe die rose
    uit plant hulle in plastiekpotte en begrawe
    hulle weer op dieselfde plek sodat die rand
    van die pot net-net uitsteek. Indien water die
    probleem is voeg nog sproeiers by of skuif
    die bestaande sproeiers na ’n geskikter plek.
    Wat jy kan doen...
    So mooi soos hulle ook al is kan ouer
    kultivars minder lewenskragtig blomryk of
    siektebestand wees as nuweres byvoorbeeld
    dié in die Eco Chic-reeks soos ‘Perfume
    Passion’.
    Maart is ’n uitstekende tyd om nuwe rose te
    plant. Die wortels vestig hulle goed in die
    winter omdat hulle nie onder druk is om nuwe
    blare te voed nie en in die lente sal dit soos
    ’n jaar oue roos vertoon. Snoei die rose liggies
    in Julie indien nodig.
    As die rose wat jy uithaal ouer as vyf
    jaar is moet die grond vervang word (sien
    vraag 1 hierbo).


Besoek ludwigsroses.co.za en stuur vrae na [email protected].


Ludwig se


rooshoekie


Die rooskenner Ludwig Taschner verduidelik
hoe jy weet wanneer jou rose sukkel en
wanneer jy hulle moet vervang.

‘Perfume Passion’

HERFS-ROOSFEES
Ervaar dié seisoen se rose op hul beste tydens
die Herfs-roosfees op 21 Maart by Ludwig’s
Rose Farm noord van Pretoria. Toegang is
gratis. Skakel 012 544 0144 vir meer inligting
of besoek ludwigsroses.co.za.
Free download pdf