Tuis. 03

(Tuis.) #1

106 tuis Maart 2017


Lief vir sampioene maar die


prys is bo jou vuurmaakplek?


Kweek ’n sampioen plant vir ’n


eindelose blaar-oes met ’n


sampioengeur wat verskerp


wanneer jy dit kook.


Kweek dit so Dié vinnig groeiende
bosagtige krui is ’n meerjarige plant met
glansende groen blare. In warm dele
kan dit regdeur die jaar geoes word. Dit
vaar die beste in gedeeltelike skaduwee
en vrugbare komposryke grond wat
goed dreineer. Dit groei ook maklik in
houers en vensterbokse.


Het jy geweet? Die blare is ’n goeie
bron van yster vitamien C kalsium en
plantaardige proteïen; dis ook nie
gevaarlik vir mense wat allergies is vir
sampioene nie.


Algemene probleme Dié tropiese plant
van Papoea-Nieu-Guinee hou nie van
koue nat toestande in die winter nie.
Hou dit gedurende die kouer maande
op ’n warm sonnige en beskutte plek.
As jy die sampioenplant op ’n kombuis-
vensterbank plant maak seker dit kry
goeie indirekte lig.


Gebruike Gebruik die blare rou in slaaie
en toebroodjies of as pizza-bolaag. Dis
heerlik in souse vir vis hoender of
rooivleis of gestoom saam met vis- of
groente geregte. Stoom net voor jy dit
voorsit sodat die blare hul heldergroen
kleur behou.


KONTAK healthyliving-herbs.co.za


Sampioenplant
(Rungia klossii)

KRUI VAN
DIE MAAND

NUUT IN DIE KWEKERY
Salvia guarantica ‘Black and Bloom’
is ’n nuwe weergawe van ’n ou
gunsteling Salvia ‘Black and Blue’.
Dié variëteit blom vroeër het groter
blomme en donkerder stamme wat
die swart/blou-effek versterk.
Die struikagtige meerjarige salie
groei 12 m hoog en wyd en kan
hitte humiditeit en droogte goed
hanteer. Sy blomme lok nektar-
liewende insekte en dis nie nodig om
dooie blomknoppe af te sny nie;
indien jy dit wel doen sal die plant
meer bosserig groei. Plant dit in
volson in verrykte grond wat goed
dreineer. Sodra dit gevestig is is dit
waterwys en sal dit blom tot die
eerste ryp val. Die plant sal dan weer
in die lente begin blom.

Saamgestel deur

Marian van Wyk





Foto’s

Peter Rimell en verskaf

Bo-op én binne
Keter se Circa-stoel-en-
bêreboks (sowat R1 499
makro.co.za)

Vir ’n lewende muur Skep ’n vertikale tuin met
dié saadsakke (R70 elk) en ’n muurrak (R69) van faithful-to-nature.co.za.

Tu i n k o p i e s


Pizza op jou werf
Die Forno a Legno-pizzaoond (850 mm
breed x 610 mm diep x 490 mm hoog)
van vlekvrye staal kan op enige stewige
oppervlak staangemaak word. Die oond
(vanaf R8 500 082 308 8282) is
weer bestand maar moet bedek word as
dit buite gaan staan.

Bederf
jouself!
Free download pdf