Tuis. 03

(Tuis.) #1
Die sonnige binnehof (bo links) het ’n gesellige sithoekie.
Die egpaar het die vloer van teëls kunsgras en klippies
self gelê. In die pizza-oond (bo) word ook lamsboud filet
hoender en groente gaargemaak en selfs brood gebak of
tamaties gerooster vir Dewaldt se heerlike pasta. “Ons het
die swart en wit teëls gekies vir ’n romantiese dansvloer-
atmosfeer” sê Suzelle.
Dewaldt en Suzelle op hul slaapkamer se balkon (onder).
Die onderste vlak is ’n oopplan-leefdeel en bo is drie slaap-
kamers en twee badkamers. Die trap is in die toringgedeelte.

Lantern en kussing
van @home

22 tuis Maart 2017


Mooi dinge in die lewe


“Ek word geïnspireer deur die mooi dinge in die alledaagse lewe”
vertel Suzelle. “Die natuur om ons hoe mense hul liefde wys en
deur outentiek te leef. Dit maak my lus om die ruimtes rondom my
mooi te maak.
“Dewaldt se inspirasie is weer die kleure en geure van kos. Hy’s
die beste kok in die wêreld en het al ’n kookkursus in Italië gedoen.
Sy passie is ongetwyfeld kosmaak – en myne is om sy kos te eet”
sê sy laggend.
Iets wat ’n groot verskil aan hul leefruimte gemaak het was toe
hulle in Oktober 2015 die langwerpige agterstoep van 10 m² met sy
pizza-oond aangebou het. “Ewe skielik het ons gereeld buite begin
kuier” sê Suzelle. “Die samesyn wat saam met die pizza-oond gekom
het is ongelooflik. Ons pizza-aande met vriende het al op kompetisies
uitgeloop; dis groot pret!
“Ons leer nog van tuinmaak maar is klaar baie lief daarvoor. Min
dinge is so lekker soos om elke dag jou eie kruie te pluk en saam met
jou kos te geniet. Ons het ook ’n suurlemoen- en ’n olyfboom wat ons
eindelose vreugde besorg. Ons kan nie wag om ons eie olywe te
begin inlê nie!
“Ons droom was om ’n plek te skep waar ons gesin en ander
mense onmiddellik tuis voel en almal net hulself kan wees. Die idee
was dat hulle sal wil terugkom en dis so lekker om dit te sien gebeur.
Keana noem die huis stability palace. Elke dag sê ons hoe lekker ons
hier bly en hierdie droom te kan uitleef.”

Free download pdf