Tuis. 03

(Tuis.) #1
Die garapa-dek in die agtertuin
is ’n gunsteling-teedrinkplek
van waar Jako en Anneke maklik
’n ogie kan hou oor Luka en
Annebel in hul speelhuisie –
’n ou tuinhuisie wat omskep is.

Die sitkamer en braaistoep vloei
aaneen danksy stapeldeure.
Groot kussings van Lula Fabrics;
kandelaber van Builders en lampkappe
van The Lampshade Studio

In die kombuis sal jy Jako waarskynlik
altyd by die eiland aantref; hy noem
homself ’n “ontluikende sjef”.


Dot Morison van Dotzdesignz het
hand bygesit met die dekor en sagte
meubilering. Die mure is geverf in Liberia
Expressions van Plascon.

Plakpapier (gestaakte reeks) met ’n
pêrelglans weerkaats natuurlike lig.

Eetkamerstoele van Finders Keepers;
mat van Pak Persian Carpets
Free download pdf