100 tuis April 2017
tuin
Slim keuses
VIR DIE KLEIN-KAROO
DeurMarié Esterhuyse â¢SketsPietman Diener
Pietman se voorstelle
1 Die rotstuin
Lê die rotstuin uit teen ân gedeelte van die
grensmuur. Die muur van ongepleisterde
bakstene het ân mooi tekstuur en sal die ideale
agtergrond vorm vir al die interessante vetplante
en kaktusse wat kuiermense graag aandra.
Kombineer dié plante met bolplante vir
seisoenale kleur en ornamentele grasse en
plante met ân sagter groeiwyse soos besemgras
enTradescantia pallidaâPurple Heartâ. Dié
plante sal mooi kontrasteer met die hardheid
van die klippe en die argitektoniese vorms van
die vetplante en kaktusse.
2 Die kruietuin
Die kruietuin moet naby die kombuis
wees sodat hulle maklik en gou kan pluk
vir die pot. Omring dit met spekboom-
heinings en gebruik die bestaande
grensmure om dit die gevoel van ân aparte
tuinkamer in die groter tuin te gee. Hier sal die
avokado- olyf- en suurlemoenboom wat Ronelle
het ook ân ereplek kry. Behalwe vir Ronelle se
gunsteling-kruie kan hulle hier ook groente en
blomme vir kleur plant. En vir sitplek kan hulle
ân bankie onder ân klein druiweprieel staan-
maak. Die kombinasie van kruie groente
kleurvolle blomme en vrugtebome sal die
tuinkamer ân ware kombuistuin-gevoel gee.
3 Die grasperk
Ronelle wil graag ân grasperk naby die stoep hê
om die onthaalarea te vergroot en vir kinders
wat in die toekoms daar sal wil speel. Kweek-
gras is ân goeie opsie omdat dit min water nodig
het en siektebestand is. Pietman stel voor hulle
omraam die grasperk deels met ân informele
heining van syselbos wat met min moeite en
ewe min water ân aantreklike heining sal vorm.
Die plant se ligblou blomme en informele sagte
gevoel sal kontras skep met die meer geharde
landskap wat jy vanuit die tuin sien.
Johan en Ronelle
Engelbrecht het onlangs
huis gebou. Nou is dit die
tuin se beurt om struktuur
en kleur te kry. Hulle wil self
die tuin aanlê maar het hulp
met die ontwerp en keuse van
plante nodig gehad. Pietman Diener
ân tuinontwerper van Stellenbosch
het hand bygesit.
Johan en Ronelle se
wenslys vir hul tuin
- Waterwys min onderhoud en
kostedoeltreffend. Hulle wil dit self
implementeer en onderhou. - ân Plantlys met hoofsaaklik inheemse
plante van die omgewing. - ân Rotstuin vir al die vetplante wat
hulle by familie en vriende kry. - ân Grasperk naby die stoep.
- ân Kruietuin naby die kombuis.
- Die mooi uitsig op die veld moet
beklemtoon word. - Ronelle wil bome gebruik wat sy
reeds gekoop het.
Op Oudtshoorn word dit warm. As jy hier wil tuinmaak
moet jy jou plante reg kies!
Wie woon hier?
Johan en Ronelle
Engelbrecht
Waar Oudtshoorn
Grootte van
tuin 444 m²
Ronelle en Johan
Pietman
Aeonium
Vygies
Aalwyne
Foto
Ernst van Jaarsveld
Foto
Kosie Jansen van Rensburg
Blaai om vir die plan. >>