Tuis. 04

(Tuis.) #1
DOEN DIT SELF

[DIE UITSIG]
Die twee kareebome wat Ronelle
ƌĞĞĚƐŐĞŬŽŽƉŚĞƚ͕ƐĂůĚŝĞƉƌĂŐƟŐĞ
uitsig vanuit die huis en die tuin
mooi omraam. Dié kan hulle op die
onderste hoeke van die erf plant.
Met ’n landskap so oop en wyd
soos dié van die Klein-Karoo gee so
’n raam van bome of heinings
diepte en word jou oog makliker na
die uitsig gelei. ’n Bankie onder een
karee sal sitplek verskaf van waar ’n
mens dié mooi uitsig kan geniet.
Pietman het ’n laning kerkhof-
sipresse tussen die huis en die
grensdraad voorgestel om ook die
uitsig vanuit die huis te omraam.
Dit sal terselfdertyd die aansig van
die huis versag. Dié sipresse aard
baie goed in die Karoo; hulle kom
immers voor in die Mediterreense
streke waar dit ook warm en droog
is. Sipresse kan gesnoei word om te
keer dat hulle te hoog groei en in
verhouding met die huis en die
landskap bly.


[KOSTEDOELTREFFEND]
Heelparty plante groei maklik van
steggies wat ’n goedkoop manier is
om plante te vermeerder. Plante
wat die Engelbrechts maklik self so
kan kweek is onder meer die
spekbome vir hul heinings
Plectranthus neochilus Cotyledon
’n verskeidenheid malvasEcheveria
en kruie soos laventel en roos-
maryn. Dit neem wel ’n bietjie
langer om jou steggies groot te kry
maar die geld wat jy spaar en die
beloning van ’n tuin wat jy
eiehandig ontwikkel het maak
dit beslis die moeite werd!
Gruisklip sal goed werk vir
paadjies in die kruietuin. Dis ’n
goedkoper opsie as plaveisel en is
maklik om self te lê. Bakstene sal
die grasperk en die gruispaadjies
netjies afrond.



  • Plant grootliks inheems en plante
    wat natuurlik in jou omgewing
    voorkom. Inheemse plante kan ook
    suksesvol met uitheemse plante uit
    wêrelddele met ’n soortgelyke
    klimaat gekombineer word.

  • Berei die grond goed voor. Veral
    ná ’n bouprojek is daar gewoonlik
    sement en bourommel op die werf.
    Verwyder alles voor jy begin en
    werk daarna kompos in. Vir ’n nuwe
    tuin werk ’n laag van sowat


5–10cm kompos in jou beddings in.
Gooi ook genoeg kompos en
beenmeel in al die plantgate voor jy
begin plant.


  • Wanneer jy plante by vriende kry
    of self steggies maak kan jou tuin
    maklik in ’n deurmekaarspul
    ontaard. Probeer om groepe van
    een plant bymekaar te hou eerder
    as om dit net rond en bont te plant.
    Veral grondbedekkers en meer-
    jariges moet gegroepeer word.

    • Probeer om so gou moontlik die
      grond te bedek met plante
      gruisklippies of ’n deklaag. Dit help
      veral in ’n nuwe tuin waar groot
      dele gewoonlik net kaal grond is.
      Deur dit te bedek word stof
      verminder water bespaar
      aangesien die grond nie so vinnig
      uitdroog nie en lyk jou tuin gouer
      ŐĞǀĞƐƟŐ͘

    • As jy besproeiing installeer kies
      die regte opsie vir jou tuin. Vra raad




voor jy aan die werk spring.


  • Beplan en begroot ook vir die
    tuin. Baie mense vergeet om met ’n
    bouprojek vir die tuin te begroot.
    Dit is beter om die tuin saam met
    die huis te beplan – so neem jy
    beter besluite oor waar die
    swembad bome kuierarea en
    grasperk gaan kom sodat dit
    inskakel by die huis.


Beplan jy ook ’n nuwe tuin? Hier is Pietman se raad:


Spekboom

Wildeknoffel

Suurlemoen

KONTAK
Pietman Diener 072 376 5632

Syselbos
Free download pdf