104 tuis April 2017
Saamgestel deur Gillian Eva ⢠Fotoâs: Francois Oberholster en verskaf
Take vir April
Verdeel meerjariges en plant of verplant nou bome
en struike dat ân goeie wortelstelsel kan vestig.
Deur Kay Montgomery
Pronkertjies
Sparaxis
Ixia en freesia
Wenk van die maand
Herfsblare wat val is ân
wonderlike bonus vir
tuiniers. Dit maak ân
goeie deklaag rondom
struike want dit sal
mettertyd ontbind en die
grond verryk.
^ÆƵƵÆÅŶůÅÅÆŶÅŶÄÆƵÅŶÄÎÆƵÅÆÍÄŽÍnjÄ.
Tuindagboek
Hou dit netjies
Een van die grootste tendense vir 2017 is ân
netjiese ordelike tuin. Met kleiner erwe is dit belangrik
om af te skaal en jou tuin te vereenvoudig. Kyk met ân
kameralens na jou buiteareas vir ân vars perspektief
sodat jy kan sien waar daar ruimte vir verbetering is.
As plante mekaar toegroei besluit waarvan jy hou en
wat die moeite werd is om te hou. Verwyder dié wat
min tot die tuin bydra. Hou ân oog oop vir nuwe
variëteite van ornamentele plante soos agapante en
Inkalelies (Alstroemeria) omdat dit minder ruimte in
beslag neem.
Belê in ân tuinhuisie om gereedskap potte en
kunsmis in te bêre. Jy kan dié praktiese struktuur
verfraai deur die buitekant te verf in die kleur van jou
keuse vensterbokse by te voeg en ân stoepie met
dekoratiewe afwerkings aan te bou.
Nou is die tyd om te plant vir
lentekleur. Plant inheemse bolle
soos freesias Sparaxis ixia en
Tritonia in groepe in rotskolle en in
potte. Strooi die saad van inheemse
Namakwalandse madeliefies langs
ân sonnige oprit of tussen
gevestigde meerjariges.
Plant saailinge van Yslandse
papawers op ân plek wat volson kry
- hul opvallende blomme sal laat in
die winter en vroeg in die lente ân
mooi vertoning lewer.
Dis die beste maand om
pronkertjies (die ranker én die
bossoort) op ân sonnige plek en in
komposverrykte grond te saai. Die
bos-pronkertjie is ideaal voor in ân
randakker en in houers maar jy sal
dit met takkies moet stut. Die
ranker het ân heining of traliewerk
nodig vir ondersteuning.
Kleur vir die lente