Tuis. 04

(Tuis.) #1

104 tuis April 2017


Saamgestel deur Gillian Eva • Foto’s: Francois Oberholster en verskaf

Take vir April


Verdeel meerjariges en plant of verplant nou bome


en struike dat ’n goeie wortelstelsel kan vestig.


Deur Kay Montgomery

Pronkertjies

Sparaxis

Ixia en freesia

Wenk van die maand
Herfsblare wat val is ’n
wonderlike bonus vir
tuiniers. Dit maak ’n
goeie deklaag rondom
struike want dit sal
mettertyd ontbind en die
grond verryk.

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.


Tuindagboek


Hou dit netjies
Een van die grootste tendense vir 2017 is ’n
netjiese ordelike tuin. Met kleiner erwe is dit belangrik
om af te skaal en jou tuin te vereenvoudig. Kyk met ’n
kameralens na jou buiteareas vir ’n vars perspektief
sodat jy kan sien waar daar ruimte vir verbetering is.
As plante mekaar toegroei besluit waarvan jy hou en
wat die moeite werd is om te hou. Verwyder dié wat
min tot die tuin bydra. Hou ’n oog oop vir nuwe
variëteite van ornamentele plante soos agapante en
Inkalelies (Alstroemeria) omdat dit minder ruimte in
beslag neem.
Belê in ’n tuinhuisie om gereedskap potte en
kunsmis in te bêre. Jy kan dié praktiese struktuur
verfraai deur die buitekant te verf in die kleur van jou
keuse vensterbokse by te voeg en ’n stoepie met
dekoratiewe afwerkings aan te bou.

Nou is die tyd om te plant vir
lentekleur. Plant inheemse bolle
soos freesias Sparaxis ixia en
Tritonia in groepe in rotskolle en in
potte. Strooi die saad van inheemse
Namakwalandse madeliefies langs
’n sonnige oprit of tussen
gevestigde meerjariges.
Plant saailinge van Yslandse
papawers op ’n plek wat volson kry


  • hul opvallende blomme sal laat in
    die winter en vroeg in die lente ’n
    mooi vertoning lewer.
    Dis die beste maand om
    pronkertjies (die ranker én die
    bossoort) op ’n sonnige plek en in
    komposverrykte grond te saai. Die
    bos-pronkertjie is ideaal voor in ’n
    randakker en in houers maar jy sal
    dit met takkies moet stut. Die
    ranker het ’n heining of traliewerk
    nodig vir ondersteuning.


Kleur vir die lente

Free download pdf