Tuis. 04

(Tuis.) #1

April 2017 tuis 105


Rangskik en
groepeer

Skep verskillende waterverbruiksones in
jou tuin deur plante met soortgelyke
behoeftes bymekaar te groepeer – ’n
sonnige droë plek vir hittebestande
plante en ’n beskutte deel vir woudplante.
Kies plante wat geskik is vir jou klimaat
en spesifiek jou tuin. Waar daar ’n groot
oppervlakte beplant moet word kies
waterwys struike en meerjariges pleks
van jaarplante.
As jy water beskikbaar het en jou grond
goed gedreineer en ryk aan organiese
materiaal is kan jy ’n kamelia-tuin
oorweeg. Kamelias is immergroen met
wit pienk of rooi blomme. Die eerste een
wat in die herfs blom is Camellia
sasanqua gevolg deur C. japonica in die
winter en C. reticulata in die lente.
Camellia sasanqua groei in volson of
gedeeltelike skaduwee in ’n warm
klimaat en C. japonica in ligte skaduwee.
In die winterreënstreek terwyl die
grond nog warm is en daar ’n vooruitsig
van reën is is herfs ’n goeie tyd om
fynbos soos speldekussings te plant. Dit
vaar die beste teen ’n sonnige helling met
goeie lugsirkulasie en goed gedreineerde
grond. Moenie beenmeel of kunsmis by
die grond inwerk nie – strooi liewer ’n
organiese deklaag.


Wortels

Speldekussings

Doendinge dié maand



  • In die winterreënstreek verwyder blare en ander oorblyfsels uit geute en
    afvoerpype; maak ook seker nuut geplante bome en struike en dié met
    vlak wortelstelsels is stewig gestut en met nuwe toue vasgebind om
    windskade te voorkom.

  • In die somerreënstreek moet struike van die winterreënstreek een
    keer per week goed natgemaak word – doen dieselfde met asaleas
    kamelias en rododendrons.

  • Werk ruim hoeveelhede kompos by jou tuingrond in om dit op te kikker.

  • Dis nou die tyd om beet broccoli kool wortels seldery blomkool preie
    ertjies spinasiebeet en rape in jou groentetuin te plant.

  • Moenie dat vroeë ryp jou onkant betrap nie. Maak seker jy het
    kommersiële rypbedekking om delikate plante te beskerm. Dié bedekking
    laat lig en water deur en kan op die plante bly tot die rypgevaar verby is. >>

Free download pdf