Tuis. 04

(Tuis.) #1
Marmeladeblokkies
Kies goeie tuisgemaakte marmelade – hoe
beter die konfyt hoe beter die blokkies.

Genoeg vir 24 blokkies
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 45–50 minute
Oondtemperatuur: 180 °C


  • 350 ml botter by
    kamertemperatuur

  • 400 ml (208 g) versiersuiker

  • 1 ekstragroot eier geklits

  • 4 x 250 ml (560 g) meel
    gesif

  • ’n knippie gemmer

  • 5 ml vanieljegeursel

  • 45–60 ml gemengde-
    vrugte-en-spesery-
    marmelade


1 Voorverhit die oond.
Voer ’n diep vierkantige
koekpan (23 x 23 x 7 cm)
met bakpapier uit en
spuit met kleefwerende
kossproei. Klits die botter
en versiersuiker saam tot
lig en donsig. Klits nou die
eier by tot goed gemeng.
Voeg die meel gemmer en
vanielje by en meng sommer
met die hand tot ’n sagte
deeg vorm.
2 Druk twee derdes van die deeg
onderin die voorbereide pan en prik dit
met ’n vurk. Smeer nou die marmelade
van hoek tot kant oor. Moenie te rojaal wees
nie maar ook nie te suinig nie. Rasper die
oorblywende deeg grof en strooi dit oor die
marmelade. Bak tot goudbruin en deurgaar.
BelangrikMaak seker dat die blokkies nie
te vinnig bruin bak nie want dan lyk dit
dalk gaar voor die middel deurgebak is.
Afhangend van hoe warm jou oond is
draai dit dalk ’n bietjie af teen die einde
van die baktyd.

Glühweinhoender


Die wyn-en-speserygeure maak dié
hoendergereg perfek vir ’n herfsaand
wanneer die luggie begin byt.


Genoeg vir 4–6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur



  • 8 hoenderboudjies en -dytjies

  • 5 ml Chinese 5-speserymengsel

  • sout en varsgemaalde swartpeper

  • 15 ml olyfolie

  • 250 ml pinot noir-wyn

  • 125 ml lemoensap

  • sowat 125 ml aftreksel

  • 2 steranyse

  • 1 duim vars gemmer geskil en gekap

  • 3 lourierblare

  • 2 knoffelhuisies

  • 1 rooi brandrissie gekap

  • 1 bossie sprietuie gekap

  • 1 lemoen in segmente gesny

  • basmatirys vir voorsit


1 Vryf die hoender met die
speserymengsel en geur met sout en
varsgemaalde swartpeper. Verhit die olie
in ’n dikboompan en braai die hoender
bruin oraloor. Roer die wyn by en kook vir
5 minute. Roer nou die lemoensap
aftreksel steranys gemmer lourier
knoffel en brandrissie by sit die deksel
op en laat prut oor matige hitte vir sowat
45 minute tot 1 uur totdat die sous mooi
dik afgekook en die hoender smelt-in-
die-mond sag is. Hou die vloeistof dop en
voeg ekstra aftreksel by indien die sous
te vinnig stroperig word aangesien dit
kan brand.
2 Proe die sous en pas die geurmiddels
aan na smaak; strooi die sprietuie en
lemoenstukke oor. Sit voor met die rys.


Sappige varktjops
Laat witvleis in ’n pekeloplossing lê voor
jy dit gaarmaak en jy’s verseker van
sappige resultate.

Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 20 minute plus
marineertyd
Gaarmaaktyd: sowat 20 minute


  • 4 lekker dik varklendetjops

  • 25 ml mosterd

  • 8 salieblare

  • 15 ml olyfolie

  • 200 g kersietamaties

  • 250 ml room
    PEKELOPLOSSING

  • 25 ml koljandersaad

  • 25 ml komynsaad

  • 25 ml mosterdsaad

  • 50 ml bruinsuiker

  • 25 ml seesoutvlokkies

  • 2 lourierblare

  • 3 takkies tiemie

  • 250 ml kookwater

  • 750 ml yswater


1 Maak die pekeloplossing deur eers die
koljander- komyn- en mosterdsaad in ’n
droë pan te rooster totdat jy dit kan ruik;
verwyder dit dan van die hitte en kneus dit
met ’n stamper in ’n vysel. Roer die
speserye by die suiker sout lourierblare en
tiemie en giet die kookwater oor. Roer tot al
die sout en suiker opgelos is. Roer nou die
yswater by. Dit is belangrik dat die mengsel
koud is voor jy die vleis daarin sit.
2 Giet die koue pekeloplossing oor die
tjops in ’n vlak bak en sit dit vir 2–4 uur in
die yskas.
3 Dreineer die tjops en druk droog. Smeer
met die mosterd en druk ’n salieblaar
alkant van elke tjop vas. Verhit die olie in ’n
swaarboompan en braai die vleis vetkant
eerste tot goed bruin. Seël dan alkante tot
mooi bruin.
4 Roer die kersietamaties by die vleis in die
pan gevolg deur die room (alles nog oor
hoë hitte). Draai nou die hitte na matig en
laat prut rustig tot die vleis deurgaar is en
die roomsous begin verdik. Dié vark en
sous is heerlik met blomkoolrys.

herfskos


April 2017 tuis 115

Free download pdf