Die huis is in 1927 gebou en word as ân ou Durban-
Noord-huis beskryf; een van die vele klassieke
Eduardiaanse en Victoriaanse huise met hul sinkdakke
en groot verandas.
Jane en Sean het die huis met ân see-uitsig agt jaar
gelede by ân oom van Sean gekoop. âElke keer wanneer
ons by hom gaan kuier het het ek allerhande idees in my
kop gehad van hoe ek die huis sou verander as dit myne
was!â vertel Jane.
Een van die groot aantrekkingskragte was die atrium-tipe
glasdak wat die oopplan-kombuis-en-leefkamer van lieflike
natuurlike lig voorsien. âDit is een van die hoofredes
hoekom ons die huis gekoop het. Dit máák die huis en
bring hope lig in ân andersins donker woningâ sê Jane.
Die onderskeie vorige eienaars het oor die jare heelwat
aan die huis verander en toe dit Sean en Jane se beurt
was het hulle van die binnemure uitgebreek om ân lieflike
oopplan-ruimte te skep en ân reuse-veranda van 100m²
aangebou om by die ander huise in die omgewing te pas.
Die verouderde kombuis in die Italiaanse styl moes plek
maak vir skoon lyne en meer ruimte; dit skakel nou naat-
loos met die sitkamer eetkamer en veranda. Die nuwe
kombuis was aanvanklik rooi maar Jane het sommer gou
besluit om dit wit te verf sodat sy meer skoon lyne en beter
samehang in hierdie deel van die huis kon kry.
âEk hou van onthaal maar nie juis van kosmaak nie. My
skoonma Lodgie wat in die kothuis op die werf woon is ân
wonderlike kok en sy spring graag in wanneer ons partytjie
houâ lag Jane.
Net soos die res van die huis spog die kombuis ook met
ân kombinasie van ou en nuwe dekor- en versamelstukke
van Jane se reise. Haar volgende bestemming is Tibet â en
wie weet watter interessante artefak uit dié land binnekort
ook ân tuiste hier gaan vind ... >>
Ou en nuwe glorie
Mense sê altyd ek het ân
natuurlike oog maar ek glo
âkoop ân ding en as dit nie werk
nie verkoop of verf dit!â â Jane
April 2017 tuis 31