Tuis. 04

(Tuis.) #1
Dis in die detail
’n Kwartsvloer gemaak van natuurlik
gepoetste spoelklip is ideaal vir ’n
badkamer – dis duursaam warmer as die
meeste teëls en glyvas.

56 tuis April 2017


badkamers


# 6 In Skandi-styl
In 2014 het die sakevennote Hugo Steyn
en Emile Calitz ’n huis uit die 1950’s in
Hermanus gekoop met die oog daarop om
dit op te knap en te verkoop. Maar nadat
die projek voltooi is het Emile en sy vrou
Zelda so verlief geraak op die huis dat hulle
besluit het om dit self te koop.
Die badkamer was ’n groot uitdaging
vertel Hugo. “Dit was turkoois en geel en jy
moes deur die badkamer stap na ’n ander
deel van die huis!”
Die vertrek is toe toegebou en vergroot
en Hugo het dit omskep in ’n moderne
badkamer wat beter pas by die res van die
huis se uitleg. Hy het ’n wit pootjiesbad van

akriel gekies ter herinnering aan die tydperk
waaruit die huis dateer.
Dit staan pragtig uit teen die mure en
luukse glyvaste kwartsvloer. Ter afronding
het die vertrek ’n moderne kinkel gekry –
die losstaande badkraan.
“Ons het dié kraan gekies omdat dit die
pootjiesbad se lyne en die tekstuurryke
mure komplementeer sonder om soveel
aandag soos ’n ingeboude kraan te trek”
verduidelik Hugo.
Bamboes-sweefrakke en plante rond die
badkamer af in ware Skandi-styl terwyl ’n
verligte spieël bo die wasbakeenheid ’n
tikkie drama skep. >>

Die afwerking
Bad wasbakke en verligte spieël
Bathrooms 4 U
Sweefrakke ontwerp en gemaak
deur Red Chair
Afgevlakte mure Midas Earthcote
Worn Leather in die kleur Bakgat
Kwartsvloer deur Earthcote

Wenk
Dis belangrik dat jy vooraf
seker maak hoe en waar
die waterpype by jou
losstaande bad gaan
aansluit en uitloop.

Stilering

Kim Bougaardt
Free download pdf