Tuis. 04

(Tuis.) #1

April 2017 tuis 55


# 5 Dramaties en monochroom
Toe Angie en Shane Durrant drie jaar gelede by hul Johannesburgse huis
intrek het hulle die kaste in hul hoofslaapkamer uitgehaal sodat hulle
hul en suite-badkamer kon vergroot.
Hulle het besluit op ’n tema van swart en wit; en toe hulle afkom op ’n
gietyster-pootjiesbad wat reeds swart gespuitverf is asook ’n wit wasbak
was daar geen keer nie.
Hulle het die bad teen ’n muur staangemaak sodat daar ook plek is vir
’n stort maar die bad – een van die paartjie se gunsteling-vondste –
vorm steeds die fokuspunt.
“Wanneer jy in die bad sit voel dit asof jy in die buitenste ruim
rondsweef” sê Angie. “Terwyl al die swart dalk nie konvensioneel is nie
skep dit ’n kalm atmosfeer vir ons.”
Die wit van die wasbak binnekant van die bad kunswerke en
vloerteëls asook spatsels groen van enkele groen plante skep kontras
terwyl die swart muurpanele tekstuur verskaf. >>

Die afwerking
Bad en wasbak
Collectors Place
Seshoekige vloerteëls
Tile Africa
Spieël Bloo Monkey

Dis in die detail
Klein wit seshoekige
mosaïekteëls gee ’n ryk
ƚĞŬƐƚƵƵƌĂĂŶĚŝĠĚƌĂŵĂƟĞƐĞ
ruimte. Oorweeg dit vir die
binnekant van jou stort as jy dit
nie vir die hele ruimte wil
inspan nie.

Stilering


Amanda van Wyngaardt

Free download pdf