Tuis. 04

(Tuis.) #1

raad


80 tuis April 2017


Vra


vir JJ


Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen
Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in
sy program ƌĞŬĮƐŵĞƚĞƌƌŝĐŚ op RSG.

Ougoed of


hougoed


Hoe verplant jy ’n roos?
Adri Theron van Kaapstad skryf
My ma wil rose met sentimentele
waarde skuif; wat is die beste
manier om steggies te maak sodat
sy die rose na haar nuwe blyplek
kan saamvat?
JJ antwoord Een van die
beste maniere is om ’n gaatjie in ’n
aartappel te maak met ’n stokkie
’n knippie kaneel in die gaatjie te
gooi en die steggie daarin te druk.
Plant die steggie dan – aartappel
en al! – op die nuwe plek.
Die ander opsie is om die hele
struik te verplant; doen dit in die
koeler maande van die jaar. Snoei
die hele plant met omtrent die
helfte terug. Grawe dit uit sonder
om die wortels te veel te versteur en hou die wortelbal en
grond bymekaar. Hou die plant in gedeeltelike skadu nadat
jy dit uitgehaal het en maak goed nat nadat jy die roos op
sy nuwe plek geplant het.

Pragtige paar
Hazel Trittner van Roodepoort skryf
Dié Zsolnay-vase is 23 cm hoog en het aan
my man se ouma behoort wat dit in die
middel van die 19de eeu van Wenen na
die Tsjeggiese Republiek gebring het. Het
dit enige waarde?
Ian Conn van
Ashbey’s Galleries
antwoord Zsolnay is
’n Hongaarse
vervaardiger van
porselein- teël- en
erdeware; die fabriek is in
1800 gestig. Dié vase is in hoë
reliëf versier met voëls en blomme en het ’n
voetstuk en galerynek met uitsnydetail –
tipies van die tweede helfte van die 17de
eeu. Die ontwerp is geïnspireer deur die
produkte van die fabrieke in Meissen
en Wenen byvoorbeeld die bekende
Meissen Snowball-vase.
OUDERDOM Circa 17de eeu
WAARDE R2 000–R4 000 vir al twee

KONTAKJJ van Rensburg is ’n tuinboukundige by Garden
World in Johannesburg; besoek gardenworld.co.za. >>

Werp lig op die saak
Valda Munro van Oos-Londen
skryf Ek het dié lamp by my oupa
geërf en ek vermoed dat dit meer as
100 jaar oud is; dit het op ’n kerfhout-
staander in sy “rookkamer” gestaan.
Dit het ’n brons afwerking gehad maar
nou is die metaalonderlaag sigbaar. Ek
wil dit graag weer laat verbrons en ook
weet of dit enigiets werd is.
Inge Beck van Ashbey’s
Galleries antwoord Dit wil voorkom of dit ’n
Franse tafellamp van spelter (onsuiwer sink) met
’n engelbeeldjie is. Spelter is minder waardevol as
brons omdat dit sagter is nie detail so goed soos
brons behou nie en ook makliker wegvreet (’n
teken van korrosie is ’n wit poeieragtige bolaag).
Laat restoureer jou beeldjie by ’n bewaring-
spesialis of professionele restoureerder.
OUDERDOM Vroeë 20ste eeu
WAARDE R3 000–R5 000

KONTAK ashbeysgalleries.co.za

Die tak is lank
en swaar
Jolene van Wyk van
Centurion skryf Ons het
twee vaderlandswilgers in
ons klein meenthuistuin.
Hulle staan ongeveer 15 m
van die grensmuur af en is
nagenoeg 3 jaar oud. Ons
kom nou agter dat die takke
begin splyt. Is dit normaal
of is daar fout met die bome? Kan hulle gered word?
JJ antwoord Ongelukkig gebeur dit dikwels dat
Combretums se takke splyt. Daar’s nie veel wat jy daaraan
kan doen nie behalwe om die tak af te saag om die gewig
te verminder (seël die saagplek met ’n boomseëlaar).
Oorweeg dit om gereeld die takke terug te snoei dan sal
hulle in die toekoms minder geneig wees om te splyt.

E-pos [email protected] E-pos [email protected]
Free download pdf