Tuis. 05

(Tuis.) #1

Dis in hul bloed


Die naam van hul winkel is ’n sameflansing van Gerhardt en Kosie se voorletters en simbolies van hul
persoonlike verbintenis daarmee. Wat jy sien in die winkel is inderdaad ook volop in hul huis. “Ons sal
nooit iets in die winkel aanhou wat ons nie in ons eie huis sou gebruik nie. Ons leef ons brand en dit is
deel van ons. Dis onmoontlik om jou hart nie heeltyd by jou te dra nie!” verduidelik Gerhardt wat ’n
kunsagtergrond het en al jare in die dekor- en ontwerpwêreld werk. Kosie weer het in die gasvryheids-
bedryf begin en later sy brood in die reisbedryf verdien – wat beteken hulle kon baie reis. Dié besoeke
aan verre lande tesame met ’n naweek in Februarie 2015 op Clarens toe hulle ’n vriendin gehelp het
om haar winkel in te rig het hulle laat besluit om hul droom na te jaag: “ ’n Winkel waarin ons ons
liefde vir dekor geskenke en mooi goeters met almal kon deel” verklaar Kosie. “Ons is gewone maar
kreatiewe mense. Ons is altyd besig met ’n projek hier of soek inspirasie daar. Mooigoed uitsnuffel en
bymekaarmaak – van meubels tot voëlhuisies – is in ons bloed.” >>

Free download pdf