Tuis. 09

(Tuis.) #1

V


Ek sien in ons buurt kennisgewings
wat die gebruik van grys water
aandui. Waar kry ek een en is dit
verpligtend?

A


As jy jou tuin met gryswater of reënwater natmaak is jy verplig om
’n kennisgewing op te sit wat die gebruik van nie-drinkbare water
aandui. Kry dit op jou plaaslike owerheid se webtuiste en druk dit in
landskaporiëntasie op ’n A4-blad uit. So ’n kennisgewing verskil van dié
wat die gebruik van ’n boorgat aandui.

Die syfers


Reënwater


V


Wat behels die oes
van reënwater?

A


Dis wanneer reënwater wat op oppervlakke
soos dakke val opgevang en vir latere
gebruik gestoor word; dit word gewoonlik via ’n
dak se geute en afvoerpype na ’n tenk herlei.

V


Hoe lank kan ek
reënwater hou?

A


Onbehandelde reënwater kan tot ses
maande in ’n reënwatertenk hou. Belê liefs
in een wat sonlig en UV-strale blokkeer – dit sal
keer dat alge daarin groei.

V


Kan ek reënwater
drink?

A


Omdat reënwater weens lugbesoedeling
meer suur bevat en deur voëlmis op dakke
besmet kan wees moet jy dit nie onbehandeld
drink nie. Sekere stelsels filtreer en steriliseer die
water outomaties of jy kan dit ’n minuut lank
kook – albei metodes maak dit veilig om te drink.

V


Ek het staal-water-
tenks; kan ek dit
onder die grond sit?

A


Jy kan maar betontenks werk die beste
wat onderhoud en leeftyd betref. Omdat
laasgenoemde ’n swaar massa kan dra kan
hulle maklik onder inritte en onthaalareas
begrawe word.

V


Ek het onlangs
groot tenks
gekoop om reënwater
op te vang. Hoe
herlei ek dit na my
tuin met die minste
moeite?

A


Vir ’n eenvoudige besproeiingstelsel
kan jy ’n tuinslang met die tenk
verbind en drupperlyne bo-op of net
onder die grond sit wat die water stadig
in die grond sal laat insyfer.

tuin waterwys


Bronne greenoverall.co.za greywater.co.za biosystemssa.co.za westerncape.gov.za capetown.gov.za capewatersolutions.co.za jojotanks.co.za
rainharvest.co.za capewatersolutions.co.za waterwise.co.za greywateraction.org builders.co.za aces.nmsu.edu slightlygreenish.co.za sustainable.co.za

V


Hoe groot moet my
reënwatertenk wees?

A


Groter tenks is ideaal as jy die water in jou tuin én
huis wil gebruik. Indien jy dit net vir jou tuin nodig
het kan jy ’n kleiner een kies.
Bereken so watter grootte tenk jy moet koop:
Dak-area50–100 m² tenk750–2 200 liter
Dak-area 200–400 m² tenk 2 500–10 000 liter

Kyk so vir ‘n lekkasie op jou eiendom


1


Staak alle water-
verbruik. Maak
alle krane toe en
moenie die toilet
spoel nie.

2


Kyk na jou
meter se
lesing en teken
dit aan.

3


Wag 15 minute en neem
weer ’n lesing. Maak seker
dat niemand intussen ’n kraan
oop gedraai het of die toilet
gespoel het nie.

4


As jou lesing nou
hoër is het jy ’n
lekkasie.

5


Tensy dit ’n maklike
takie is wat jy self
kan doen bel ’n lood-
gieter om die lekkasie
te herstel.

tu
is.co.za

http://www.


  • ’n Tipiese bad gebruik
    120 liter en ’n stort tot
    80 liter water.

  • Toiletspoele kan tot
    20–30% van binnenshuise
    water verbruik uitmaak.

  • Jy kan tot 90% op jou
    waterrekening bespaar deur
    reënwater op te vang.

    • Skottelgoedwassers gebruik
      30–90 liter water per siklus; met
      die hand is dit sowat 18 liter.

    • ’n Druppende kraan kan tot
      15 liter water op ’n dag mors.

    • Maak jou tuin met ’n gieter
      pleks van ’n tuinslang nat –
      ’n tuinslang gebruik maklik
      1 000 liter water per uur.




Besoek ons webtuiste
vir alles wat jy moet
weet oor boorgatwater.

Filter vir
reënwatertenk
R88261
sustainable.co.za

JoJo Slimline-
watertenk
(750 liter)
R2 908
jojotanks.co.za en
builders.co.za
Free download pdf