Tuis. 09

(Tuis.) #1

September 2017 tuis 99


V


Ek gebruik ’n emmer om my
gryswater buitentoe te dra en
gooi dit dan oor in ’n gieter om my
tuin nat te lei. Is daar ’n minder
tydrowende metode?

A


Ja-nee niemand hoef so baie heen en weer te stap nie!
Gelukkig is daar ander opsies wat minder moeite is en wat jou
nie so maklik met grys water en die gesondheidsrisiko’s wat dit kan
inhou in aanraking sal bring nie.
Jy kan die afvoerpype van jou badkamer en wasmasjien (wat
reeds ’n ingeboude pomp het) met ’n gryswaterstelsel in jou tuin of
direk met ’n tuinslang verbind.
Dié metode werk óf met swaartekrag (byvoorbeeld uit ’n
badkamer op die eerste verdieping) óf met ’n water pomp. Jy kan ’n
hewelpomp en pyp gebruik om badwater by ’n venster uit te lei na
’n tenk vir gebruik in die tuin.

Dis nou belangriker as ooit om die grondbeginsels van gryswater en


reënwater te verstaan; ons beantwoord jou vrae.


Enkele wenke



  • Gryswater is geneig om opskiet- of mikrospuite te verstop – gebruik
    liewer ’n tuinslang wanneer jy met gryswater natlei. Anders kan jy ’n
    filter in jou bestaande outomatiese besproeiingstelsel installeer.

  • Moenie gryswater in die toilet se spoelbak gooi nie want daar is ’n
    geringe kans dat dit in jou varswatervoorraad kan terugspoel. Gooi die
    gryswater liewer direk in die toilet.

  • Moet liefs nie jou kruie en groente met gryswater natlei nie.

  • Water waarin doeke gewas is (of ander artikels wat dalk met urine of
    ontlasting in aanraking gekom het) is ook nie geskik nie.

  • Moenie dat gryswater bo-op die grond opdam nie; dit sal ’n teelaarde
    vir muskiete word.

  • Kinders en troeteldiere moenie gryswater drink of daarin speel nie. >>


waterwys tuin


Gryswater


V


Wat is gryswater?


A


Gryswater is gebruikte water uit
baddens storte wasbakke en was-
masjiene. Dit sluit nie water uit die toilet of
kombuis in nie.

V


Moet ek bio-afbreek-
bare skoonmaak-
middels gebruik as ek my
tuin met gryswater natlei?

A


Baie mense sê hul gras en plante vaar beter
vandat hulle gryswater gebruik. Baie plante –
buiten suurliewende plante soos asaleas
Begonias katjiepierings hibiskusse kamelias en
varings – hou van gryswater se alkaliese aard.
Ongelukkig kan gryswater fosfate en soute
in jou grond laat opbou wat nadelig vir jou tuin
kan wees.
Gebruik bio-afbreekbare skottelgoedseep en
waspoeier wat fosfaat- en soutvry is; vermy ook
vloeibare versagter omdat dit chemikalieë bevat.
As jy nie altyd sulke produkte kan gebruik nie
moet jy een keer per week jou tuin spoel met
reënwater uit jou opvangtenk. Gebruik munisipale
water net wanneer geen waterbeperkings van
krag is nie.

Wenk Het jy nie bio-afbreekbare
waspoeier nie? Gebruik dan net
die water uit jou spoelsiklus in
die tuin.

V


Hoe lank kan ek
grys water bêre?

A


Omdat gryswater anaërobiese bakterieë bevat
(bakterieë wat groei sonder suurstof) hou dit
gesondheids risiko’s in en sal dit sleg ruik as jy dit
te lank bêre. Daarom moet onbehandelde
gryswater altyd dadelik gebruik word. Dit kan tot
24 uur hou as jy dit behandel met produkte wat
die water se gehalte verbeter soos Bio-Systems
SA se biologiese bymiddels.

Het jy geweet? Elke grys wa terstelsel moet
individueel ontwerp en saamgestel word.
Huise verskil van mekaar wat uitleg grootte
en inhoud van die tuin asook die erf se
helling betref – alles elemente wat die
installasieprys beïnvloed.
Free download pdf