Wanneer dié lieflike blomme hul gesiggies begin wys kan
jy maar weet: Die lente is hier!
heerlike LENTE!
DIS
Deur Marié Esterhuyse ⢠Fotoâs Francois Oberholster
Stilering Melissa Rautenbach en Renate Lüdick
âGeen potjie of bakkie koppie of blik hoef in
die lente leeg te staan nieâ sê Melissa
Rautenbach van die bloemistesaak Flourish.
âDaar is nou soveel blomme om van te kies
en jy kan regtig met min moeite jou huis ân
lentegevoel gee.
âOns het ân ou kassie wat in my motorhuis
was volgepak om dié indrukwekkende
fokuspunt (oorkant) te skepâ vertel sy.
âBlikkies mooi ou teekoppies melkbekers
bakkies glaspotjies en emalje is gebruik as
houers vir die verskeidenheid blomme. Die
houers moet verkieslik nie perfek bymekaar
pas nie; die verskillende groottes kleure vorms
en teksture dra alles by tot die atmosfeer van
jou lente-uitstalling. Dis ook glad nie nodig om
ân hele kas vol blomme te pak nie; jy kan net
een of twee rakke vir blomme gebruik en dit
kombineer met boeke tydskrifte of familiefotoâs
op die ander. Of sit blomme in glaspotjies op ân
tafel ân vensterbank of kaggelrak â dit is net so
mooi en sal die lentegeure en -kleure in jou
huis verwelkom.
âMaak die potjies vol skoon water en sny die
blomstele in verskillende lengtes sodat almal
nie ewe hoog is nie. Rangskik hulle dan net
soos jou hart begeer â met sulke mooi lente-
blomme is daar nie ân reg of verkeerd nie!
Selfs ân blom waarvan die steeltjie afgebreek
het hoef nie gemors te word nie â laat dit in ân
bakkie water dryfâ sê sy.
âVoor jy gaan lenteblomme koop kyk eers
wat blom in jou tuin. Jy sal verbaas wees
Renate Lüdick en Melissa
Rautenbach
hoeveel daar gereed staan vir pluk. Maar as jy
nie genoeg het nie koop ân paar bossies:
affodille freesias pronkertjies Hollandse
irisse ranonkels Yslandse papawers en tulpe
is net party van die groot verskeidenheid wat
in die lente beskikbaar is. En jy het net ân
paar blomme van elk nodig; selfs ân enkele
blom in ân potjie lyk pragtig. Al wat jy nie te
koop gaan kry nie is die kappertjies en
vergeet-my-nietjies wat ons gebruik het. As
hulle nie in jou tuin staan nie saai beslis
daarvan vir volgende lente â al twee is maklik
om aan die groei te kry. Of bedel ân blom of
twee by ân tuinvriend!â >>