Tuis. 09

(Tuis.) #1

Eiervrug-
en-koeskoes-
slaai


Eiervrug-en-koeskoesslaai Halveer 4 mediumgroot eiervrugte in die lengte en sny met ’n skerp messie
die vlees in ’n ruitpatroon sonder om deur die skil te sny. Verf die eiervrug met grondboontjie-olie en rooster in ’n
voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 35 minute of tot goudbruin en sag. Bedruip mildelik met die grondboontjie-
pesto terwyl dit nog warm is dan absorbeer dit die geure alte lekker. Sit voor op ’n bed koeskoes met skeppies
Griekse jogurt en ’n paar heel grondboontjies en kruieblaartjies. Voeg ’n blik gedreineerde kekerertjies groot brokke
fetakaas en komkommerskyfies by en geniet dit as vegetariese maal met pitabrood.

Grondboontjiepesto
met Thaise geure
Free download pdf