Tuis. 09

(Tuis.) #1

September 2017 tuis 115


Grondboontjiepesto
metThaisegeure
Dié geurige pesto is heerlik saam met
geroosterde vis of steurgarnale maar ek is
veral mal daaroor saam met eiervrug-en-
koeskoesslaai (oorkant).

Maak sowat 200 ml
Bereidingstyd: 10 minute


  • 250 ml basilieblare

  • 250 ml vars koljander

  • 125 ml Viëtnamese kruisementblare (of
    gebruik gewone ment)

  • 1 rooi brandrissie ontpit en fyngekap

  • 1 klein knoffelhuisie fyngekap

  • 1 cm vars gemmerwortel fyngerasper

  • 4 sprietuie se wit dele grofgekap

  • sap en gerasperde skil van 1 medium-
    groot lemmetjie (of na smaak)

  • 125 ml geroosterde gesoute
    grondboontjies

  • sowat 100 ml grondboontjie-olie


Verwerk al die bestanddele behalwe die olie
saam in ’n voedselverwerker. Voeg nou die
olie in ’n dun straaltjie by tot die tekstuur
reg is. Proe en maak seker al die geure is
goed gebalanseer; as jy voel iets kort kan jy
ekstra sout lemmetjiesap of rissie byvoeg
tot die pesto na jou smaak is. Skep in ’n
gesteriliseerde fles en hou in die yskas met
’n lagie olie bo-oor vir tot ’n week. (Glo my
dit gaan nie so lank hou nie!)

Koolslaai


metgrondboontjie-


slaaisous


’n Goeie koolslaai is ’n lekker vuller-
bestanddeel in tortillas en broodjies of by
braaivleis. Dié een met grondboontjiesous is
’n lekker bykos met rafelvark of viskoekies.


Genoeg vir 6 as bygereg
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute



  • 2 klein kopkooltjies gesnipper

  • ’n hand vol bros slaaiblare

  • 2 mediumgroot wortels in julienne-
    repies gesny

  • 8 radyse dungesny

  • 200 g vars aspersies met ’n
    groenteskiller in linte gesny

  • vars kruie soos koljander basilie
    en grasuie


GRONDBOONTJIESLAAISOUS



  • 30 ml sesam- of grondboontjie-olie

  • 1 klein ui fyngekap

  • 1 klein knoffelhuisie fyngerasper

  • 2 cm vars gemmer geskil en gerasper

  • ’n knippie brandrissiepoeier

  • 5 ml garnaalpasta

  • 125 ml onversoete gladde of korrelrige
    grondboontjiebotter

  • 30 ml ligte sojasous

  • 15 ml vars lemmetjiesap

  • 5 ml heuning (of na smaak)

  • 200 ml klappermelk

    • sowat 125 ml kookwater




1 Maak die slaaisous Verhit die olie oor
matige hitte en roerbraai die ui knoffel
gemmer en brandrissie saam totdat die ui
glansend is maar moenie dat dit verkleur
nie. Roer die garnaalpasta by en braai tot
geurig. Voeg nou die grondboontjiebotter
sojasous lemmetjiesap en heuning by en
roer tot glad. Hou die hitte laag. Roer dan
die klappermelk by en verhit tot deurwarm.
Gebruik die water om die dikte na jou smaak
aan te pas. Verwyder van die hitte en laat


heeltemal afkoel. Proe en pas die
geurmiddels aan na smaak (hou in gedagte
die geure gaan nie so sterk wees wanneer
dit koud is nie). Hou die sous so korrelrig of
verwerk dit tot ’n gladde sous met jou
staafmenger. Bêre in die yskas tot nodig.
2 Nou vir die slaai Meng die gesnipperde
kool en slaaibare met ’n ruim skoot
slaaisous en rangskik op ’n mooi dienbord
met die res van die slaaibestanddele. Sit
ekstra slaaisous apart voor. Hou enige
oorblywende sous in die yskas en gebruik
binne ’n week.

Hoender-saté
Maak gerus kleiner stokkies as voorgereg
pleks van die grotes as hoofgereg.

Genoeg vir 4 as hoofgereg
Bereidingstyd: 1 uur
(marineertyd ingesluit)
Gaarmaaktyd: 25 minute


  • 4 hoenderborsies
    elk in 4 blokke gesny

  • 1 rooi soetrissie in blokkies gesny

  • 1 rooi ui in wiggies gesny

  • 8 lourierblare

  • 4 pruimtamaties ontpit en grofgekap

  • 30 ml kookwater

  • gestoomde rys en vars koljander
    om voor te sit
    MARINADE

  • 15 ml suurlemoensap

  • 3 ml komyn

  • 5 ml koljander

  • ’n knippie rooipeper

  • 45 ml korrelrige grondboontjiebotter

  • 30 ml ligte sojasous

  • 30 ml sesamolie


1 Meng al die marinadebestanddele en
roer dit deur die hoender. Ryg op stokkies
met stukkies rooi soetrissie ui en
lourierblare tussenin. Laat staan vir sowat
30 minute. (Week die stokkies vooraf in
water as jy jou sosaties oor die kole wil
braai anders kan hulle vlam vat.)
2 Verhit ’n dikboompan (kies een met ’n
deksel) en braai die hoender oor matige
hitte tot alkant goudbruin. Voeg nou die
tamaties en kookwater by saam met die
oorblywende marinade en laat prut met
die deksel op tot die hoender deurgaar is.
Geur met sout en peper. Sit voor op
gestoomde rys met ’n strooisel vars
koljander. >>
Free download pdf