Tuis. 09

(Tuis.) #1

Sit ’n bietjie erfenis in jou aandete met


chakalaka blatjang pikantrissies – en pap.


Deur Johané Neilson
Foto’s Francois Oberholster

Kos is


op die tafel



  • 500 ml water

  • 5 ml sout

  • 250 ml mieliemeel

  • ’n klont botter

  • 300 ml broodblokkies

  • 125 ml melk

  • 15 ml olyfolie

  • 1 ui fyngekap

    • 1 knoffelhuisie
      gekap

    • 15 ml elk kerriepoeier
      en appelkooskonfyt

    • 300 g maalvleis

    • 2 eiers

    • 80 ml melk

    • suurlemoenblare




Paptert met bobotievleis
Onder R75 • Genoeg vir 4 ruim porsies • Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute • Oondtemperatuur: 180 °C

1 Bring die water en sout tot kookpunt en klits die mieliemeel
by. Sit die deksel op en draai die hitte op sy laagste. Laat
stoom vir sowat 10 minute. Roer die botter by en skep die
papmengsel dadelik op die boom en teen die rand van ’n
oondvaste tertbak sodat dit ’n kors vorm.
2 Week die brood in die 125 ml melk. Verhit die olyfolie en
braai die ui en knoffel tot glansend. Voeg die kerriepoeier en
konfyt by en roer deur. Voeg die maalvleis brood en melk by
en braai vir sowat 1 minuut.
3 Voorverhit die oond. Skep die maalvleismengsel op die
papkors. Klits die eiers en melk en giet dit bo-oor; voeg ’n
paar suurlemoenblare by. Bak vir sowat 25 minute of
tot deurgaar.


  • 15 ml olyfolie

  • 200 g kersietamaties

  • 250 ml jasmynrys gespoel

  • 125 ml matige chakalaka

  • sowat 350 ml kookwater

  • ’n hand vol babaspinasie

  • 1 gerookte varkfilet
    in skywe gesny


Vark en chakalaka-rys


Onder R110 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute


Verhit die olie in ’n pan met ’n digsluitende deksel en braai die
tamaties tot hul skilletjies begin oopbars. Roer die rys by en braai
tot al die korrels begin kleur kry. Voeg die chakalaka en kookwater
by gevolg deur die spinasie. Top met die skywe varkvleis en sit die
deksel op. Draai die hitte tot laag en laat stoom tot die rys en vleis
gaar is; vul die vloeistof aan soos nodig.

118 tuis September 2017

Free download pdf