Tuis. 09

(Tuis.) #1

September 2017 tuis 117


Voorverhit die oond. Klits die botter
grondboontjiebotter suiker en vanielje
saam tot lig en romerig. Klits nou die eiers
een vir een by en meng goed ná elke
byvoeging. Sif die meel en koeksoda saam
en meng dit saam met die sjokolade- en
karamelsplinters en die grondboontjies by
die bottermengsel in tot ’n hanteerbare
deeg. Skep roomyslepels vol deeg op
bakplate wat met bakpapier uitgevoer is
druk effens plat en bak vir 12–15 minute
of tot goudbruin en gaar. Laat die koekies
vir sowat 5 minute op die bakplate staan
voor jy hulle op afkoelrakkies pak om
heeltemal af te koel.

Het jy geweet?


Hoewel die meeste mense dol is oor
grondboontjies is daar sowaar
diegene wat aan aragibutirofobie ly –
die vrees dat grondboontjiebotter aan
hul verhemelte sal vaskleef!

Grondboontjie-


botterblokkies


Dié resep is aangepas uit Kondensmelk –
almal se gunsteling deur Cleta Joannou.


Maak 24 blokkies
Bereidingstyd: 15 minute plus
verkoelingstyd
Gaarmaaktyd: sowat 25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C



  • 200 g sjokoladekoekies gekrummel

  • 100 g botter gesmelt

  • 1 blikkie kondensmelk

  • 125 ml korrelrige grondboontjiebotter

  • 100 ml Rice Krispies

  • 100 ml klapper

  • 100 ml glanskersies


1 Meng die koekiekrummels en botter en
druk dit vas op die bodem van ’n reghoekige
oondbak (28 x 20 cm). Voorverhit die oond.
2 Meng die kondensmelk en grondboontjie-
botter deeglik en sprei dit oor die koekiekors
uit. Strooi die res van die bestanddele
bo-oor en druk dit vas met ’n vurk – dis
belangrik om dit goed vas te druk anders
kom dit los wanneer jy die blokkies sny.
3 Bak nou vir 25 minute tot ligbruin. Laat
heeltemal afkoel sny in blokkies en draai in
mooi papier toe. Dit lyk pragtig in ’n glasfles
as geskenk. Jy kan die blokkies ook versier
met gesmelte donkersjokolade om die soet
te temper maar ek hou daarvan net so.


Maak 16 koekies
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 12–15 minute per bakplaat
Oondtemperatuur: 180 °C


  • 100 g botter gesmelt

  • 80 g gladde grondboontjiebotter

  • 200 g (250 ml) sagte bruinsuiker

  • 5 ml vanieljegeursel

  • 2 eiers

  • 250 g (445 ml) meel

  • 3 ml koeksoda

  • 200 g gemengde sjokolade- en
    karamelsplinters

  • 100 g sout grondboontjies gekap


Grondboontjiebotterkoekies
Maak groot koekies – dit verseker ’n lekker klewerige binneste.
Free download pdf