Tuis. 09

(Tuis.) #1

Savannah se slaapkamer was eers deel van die
voorstoep. Ter wille van haar kinders se privaatheid (die
hoofrede hoekom sy ’n groot huis wou hê) het Sue ’n
deel van die stoep laat toebou vir die ekstra slaapkamer.


Gebreide kombers van Loads of Living;
vensterraam van Ross Demolition


Troy se kamer op die eerste vloer het ’n uitsig
op die berg. Die vertrek het ’n blou-en-rooi tema
met bykomstighede in ander helder kleure.
Ontblote dakbalke laat dit heerlik ruim voel.

Sue het besluit op rustige blou vir die badkamer op
die grondvloer. Sy het die ou tweedehandse waskom
en staander geverf met Annie Sloan-verf in die kleur
Antoinette vir ’n romantiese element.

Plakpapier van Biggie
Best; handdoek (regs)
van Loads of Living;
mure (regs) geverf
met Duram Bathroom
& Kitchen-verf in die
kleur Gen Teal

Free download pdf