Tuis. 09

(Tuis.) #1

Anders as wat ’n mens van ’n “blikhuis” sou verwag
is hier geen tekort aan tekstuur nie. “Ons hou van
aardse elemente en is lief vir hout. Die vraghouers se
bodems was reeds ’n mengsel van hout en staal en
ons het dit net so gelos” vertel Marinda.
Verder het hulle besluit op ’n houtvloer vir die
sitkamer. Ook die vensterrame is van hout.
“Ons bêre alles wat herwinbaar is” verduidelik
Marinda. “Die storthokkies is ou dieseltenks wat ons
hier op die plaas gehad het. Ons het dit aan die een
kant oopgesny en dit ‘hang’ as’t ware aan die
buitekant van die huis om ruimte binne te wen.”
Net so is die pype wat die koepeldak steun in die
sitkamer herwinde boorgatpype wat Willie op die
plaas teëgekom het.
Hoewel dit beslis goedkoper is om ’n huis met
vraghouers te bou as met konvensionele bakstene en
sement moet ’n mens wel voorsiening maak vir
onverwagte uitgawes waarsku sy.


Een van die uitdagings was die smal kombuis;
Marinda moes lank soek voor sy die regte kaste kon
vind wat nou so netjies in die smal ruimte pas – sy het
uiteindelik by Arabesque in Mosselbaai reggekom.
“Dit was ’n kwessie van ‘trial and error’ en ’n mens
maak maar planne vir elke struikelblok wat jy teëkom.
Die houers is oud en het boonop duike waarrondom
ons moes werk. En as beskerming teen die elemente
moes ons dit buite-om met roeswerende verf bedek. ”
Maar dit was die moeite werd: “Ons voel dis uniek
en anders – en dit was ’n heerlike spanprojek deur die
hele familie.” >>

Herwin herwin herwin


Die hoofslaapkamer is op die boonste vlak (dié blad en oorkant) en
het ’n bad in die badkamer (die ander kamers het elk net ’n stort).
Hoewel die vraghouers se afmetings ’n mens in ’n mate beperk kon
die Turveys alles laat pas danksy behoorlike beplanning.

eko-huis


[SLIM PLANNE]
Jy kan dalk sukkel om ’n bank te kry wat bereid is om jou
ǀƌĂŐŚŽƵĞƌŚƵŝƐƚĞĮŶĂŶƐŝĞƌʹŽŽƌǁĞĞŐ͛ŶƉĞƌƐŽŽŶůŝŬĞůĞŶŝŶŐ
ŝŶĚŝĞŶũLJŶŝĞŐĞŶŽĞŐŬŽŶƚĂŶƚŚĞƚŶŝĞ͘^ŽŵŵŝŐĞǀĞƌƐŬĂīĞƌƐ
ǀĂŶǀƌĂŐŚŽƵĞƌƐŝƐǁĞůŵĞƚĮŶĂŶƐŝģůĞŝŶƐƚĂŶƐŝĞƐŐĞĂĸůŝĞĞƌ͕
ǁĂƚŵŽŽŶƚůŝŬŬĂŶŚĞůƉ͘ŝĞĞĞŶŚĞĚĞŬĂŶŽŽŬǀĞƌƐĞŬĞƌǁŽƌĚ͘

Die wit strook is waar die
vraghouers aan mekaar gesweis is.
Free download pdf