Tuis. 09

(Tuis.) #1

[KOMBUIS]


Die kompakte leefarea
bestaan uit ’n kombuis met
kaste van soliede dennehout
’n eetarea en sitkamer.

48 tuis September 2017


James wat Fish Hoek Refrigeration by sy
pa oorgeneem het het nog altyd daarvan
gedroom om ’n kothuis van yskaspanele
te bou – en daar was net mooi genoeg
ruimte op hul erf vir ’n kompakte
eenslaapkamerplekkie.
Klink dit gek? Dink weer. Koelkamers is
perfek geïsoleer met uitstekende termiese
eienskappe regdeur die jaar. Dis ook water-
en klankdig en die boumetode is vinnig
skoon en kostedoeltreffend – dit kos sowat
R4000/m^2.
Toe ons hom vra oor die nadele het dit
James ’n bietjie onkant gevang: “Goeie
vraag. Ek sal ’n bietjie moet dink ...”
Omdat hy as’t ware in die yskas-bedryf
grootgeword het en al talle koelkamers vir
restaurante gebou het het James nog altyd
gedink dat die materiaal wat hulle daar

gebruik ook elders ingespan kan word. “Ek
het dit so geniet om my vaardighede op ’n
woonhuis toe te pas; dit was ’n heerlike
uitdaging.”
In Januarie 2015 het hy begin bou aan
die “yskas-kothuis”. Die planne is vooraf
goedgekeur deur die strukturele ingenieur
Paul Giloi wat toesig gehou het oor die
strukturele aspekte van die projek.
Hoewel die kothuis gouer klaar kon kom
het die proses drie maande geduur omdat
James die meeste van die werk self in sy
vrye tyd moes doen.
“Ons het enkelverdieping gebou omdat
ons nie die see-uitsig van ons eie huis wou
bederf nie” verduidelik James. “Maar ek
skat jy kan tot drie vlakke hoog veilig bou
solank jy met ’n struktuuringenieur
saamwerk.” >>

Toe Gail en James Tinsley vier jaar gelede hul


huis op ’n erf met ’n skerp helling in Vishoek


bou het James die geleentheid gesien om ’n


droom uit sy kinderdae te bewaarheid.


Die kothuis is heerlik
knus. Dis so goed geïsoleer
dat ‘n mens maklik soos 'n
kluisenaar hier kon leef
veral in die kouer
maande! – Gail
Free download pdf