Tuis. 09

(Tuis.) #1
James verduidelik die proses:


  • Ons het begin met ’n fondament van 150 mm-
    bloekompale 800 mm uit mekaar in beton geanker.

  • Op dié fondament rus ’n houtvloerstruktuur waaraan die
    yskaspanele vasgemaak word om die buitemure te vorm.
    Dié panele klik inmekaar amper soos tong-en-groefpanele
    en word aan die vloer geheg met staalhoekstutte wat met
    ’n roeswerende laag bedek is. Elke paneel het reeds sy eie
    raam en is dus stewig genoeg dat geen ekstra strukturele
    ondersteuning by die hoeke van die gebou nodig was nie.

  • Daarna het ons die openinge vir die deure en vensters
    uitgesaag.

  • Ons het die struktuur versterk deur staalstroke
    horisontaal én vertikaal aan die binne- en buitepanele vas
    te sit voor dit met droëmuurblaaie beklee is. Tussen die
    panele is genoeg ruimte gelaat vir elektriese geleidings en
    loodgietpype.

  • Die droëmure is aan die binnekant afgevlak met
    CreteStone – die standaard-afwerking vir dié soort mure.

  • Die klipmesselaar Clemente Raimundo (regs) het van die
    buitemure beklee met klip wat op die eiendom opgetel is;
    dié bekleding bied ekstra stabiliteit. Die oorblywende
    buitemure is met Nutec-plate bedek (heel regs).

  • Laastens is die dak opgesit. Dit bestaan uit yskaspanele
    met waterdigte Chromadek-dakplakte bo-op. “Die kothuis
    is so waterdig soos enige koelkamer omdat die panele
    reeds waterdig van die vervaardiger af kom” sê James.


Van die vensters was tweede handse kopies.

Dieuitstekendetermiese


isolasiewatdieyskaspanele


biediswonderlik vir


energiedoeltreffendheid.


–PaulGiloiingenieur


’nSkonergroener
boumetode
Die kothuis word as ekovriendelik beskou omdat geen
bakstene vir die bouery gebruik is nie. Klippe vir die
buitebekleding is op die perseel gekry en ’n kombinasie
van nuwe en herwinde yskaspanele en vensterrame is
gebruik.
Die struktuur bestaan kortliks uit yskaspanele met ’n
kern van polistireenskuim wat rus op ’n houtstruktuur
bo-op ’n fondament van beton en bloekompale.

Die klipmesselaar Clemente
Raimundobesig met die bekleding.

Metaalstroke heg
die klipbekleding
aan die buitemure.

Van die buitemure is beklee
met Nutec-panele ’n
veeldoelige water- en
vogbestande bord met
uitstekende isolasie-
eienskappe.

50 tuis September 2017


eko-huis


KONTAKTE & VERSKAFFERS Arabesque 021 424 1234
arabesqueshop.co.za Clemente Raimundo 078 472 0553 Fish Hoek
Refrigeration (James Tinsley) 072 658 1114 Paul Giloi 072 255 5264
Free download pdf