Tuis. 09

(Tuis.) #1

94 tuisSeptember 2017


Struike soos ’n wit sneeubal (Viburnum macrocephalum) bruinrooi
Berberis(Berberis ottawensis purpurea‘Superba’) en pienk Japanse
blomkersie (Prunus serrulata‘Ichiyo’) met die donkerder persblaarpruim
(Prunus cerasifera‘Pissardii’) daaragter verfraai die inrit.


Esdoringbome (Acer-spp.)
se blare is pragtig in die
somer en herfs.

Seisoenale prag
In die lente steek die blouklokkies hul gesiggies bo die grond uit en lewer
die rododendrons en asaleas ’n skitterende skouspel van kleur. Kort
daarna begin die Japanse blomkersies louriermagnolias irisse en
sneeuballe te blom.
Namate die lente oorgaan in die somer ontluik die loofplante in hul
volle kleurspektrum: die esdorings in al hul kontrasterende skakerings
bruinrooiBerberis goue liguster enAbelias. Die dam raak oortrek van wit
en pienk waterlelies en in die skaduryke dele blom die krismisrose in die
diepste blou.
En wanneer die herfs sy opwagting maak is dit die bladwisselende
bome se beurt om met helder lewendige kleure te spog terwyl die winter
’n oorvloed sneeuvlokkies en kamelias bring.
“Maar die eer vir dié tuin kom my nie toe nie. Dit was reeds so mooi toe
ons die eiendom koop. Ons het met die eerste oogopslag – in die hartjie
van die winter – ons hart op Endebeni verloor. Hier het ons al heerlike
familiekuiers saam met die kleinkinders gehad en hulle is dol oor die
vryheid wat die tuin bied. Ons sien uit daarna om dit eendag ons
permanente tuiste te maak” sê Tessa. >>

Endebeni is ’n tuinier se


droom! – Tessa

Free download pdf